Britte koop 1time dalk gou
2012-12-05 11:44
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -1.55% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.40 | -0.02% | 1348.56 | 0.62% |
| Rand/€ |
 | 12.31 | -1.22% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1357.80 | -1.46% | 41836.02 | 0.05% |
Johannesburg. – 'n Britse lugdiensgroep hoop om die Suid-Afrikaanse laekostelugredery 1time te koop en 'n ooreenkoms met sy krediteure te bereik, het Sake24 Woensdag berig.
Die maatskappy fastjet het Dinsdag aangekondig dat hy in onderhandelinge met die bestuur, direkteure en voorlopige likwidateur van 1time gewikkel is om die lugdiens vir ’n nominale bedrag van sy beheermaatskappy, 1time Holdings, te koop.
Die beleërde 1time, wat reeds geruime tyd geldprobleme het, het verlede maand aansoek gedoen om voorlopige likwidasie.
Ed Winter, uitvoerende hoof van fastjet, het gesê vlugte sal aanvanklik deur ’n aantal van 1time se vloot vliegtuie bedryf word. Die maatskappy beplan egter om die bestaande vloot vinnig met moderne Airbus A319-vliegtuie te vervang.
Die oorname van 1time sal luidens berigte fastjet se groeiplanne vir sy laekostelugdiens in Afrika komplementeer, en sinergie met fastjet ontsluit.
Die fastjet-handelsnaam sal gebruik word, en kaartjies sal deur fastjet.com verkoop word.
– Lees hier meer.
– Volg Nuus24 op Twitter.