Begroting: Verbetering in MIV-, TB-sorg
2013-02-27 15:26
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.52 | 0.58% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.39 | 0.09% | 1362.92 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | -0.12% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1391.22 | 0.21% | 40855.89 | 0% |
Kaapstad – Die departement van gesondheid is ‘n bedrag van R133,6 miljard in die 2013/14-begroting toegestaan.
Hiervan is R48,8 miljard vir streeksgebruik, R26,4 miljard vir provinsiale gebruik en R18,9 miljard vir sentrale gesondheidsdienste.
Sowat R10 miljard is geoormerk vir die besteding op infrastruktuur in die gesondheidsektor.
Pravin Gordhan, die minister van finansies, het Woensdag in die nasionale vergadering gesê toegang tot gesondheidsorg is ‘n “belangrike element in die maatskaplike loon”.
“Daar was vooruitgang in die afname van mortaliteit en ‘n verbetering in ons MIV- en TB-programme en ‘n uitbreiding in die kapasiteit van mediese- en verpleegopleiding is onderweg,” het hy gesê.
Volgens die begrotingsdokument het die land se gesondheidsaanwysers in onlangse jare merkwaardig verbeter.
Die Mediese Navorsingsraad is meer as R400 miljoen oor die mediumtermyn toegestaan om navorsing, infrastruktuur en projekte vir MIV/vigs, TB en Malaria te ondersteun.
Die nasionale gesondheidsdepartement se doel is om baba- en kindersterfte, sowel as sterftes onder ma's te laat afneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA