Begroting: Regering bou nog 400 000 huise
2013-02-27 15:29
Video - Nog huise in Lenasia gesloop
Nog slopings word beplan vir Lenasia. Dit kom na daar Maandag 35 huise gesloop is. Volgens Gauteng se departement van behuising is die huise onwettig op grond gebou wat die regering besit.
KYK
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Kaapstad – Meer as 400 000 huise sal teen 2016 vir lae-inkomste-families gebou word, luidens die 2013/14-begrotingsoorsig wat Woensdag in die parlement ter tafel gelê is.
Die oordrag van fondse sal deur middel van toelaes aan provinsies en munisipaliteite gemaak word om die bou van dié huise en basiese dienste aan huishoudings te bespoedig.
Dié oordragte sal toelaat dat nog 409 143 huise gebou kan word, en sal voorsien vir opgraderings aan meer as 198 000 huise in informele nedersettings.
“Die beraamde groei in die verskaffing van lae-inkomste huise is laer as die beraamde styging in uitgawes oor die mediumtermyn, weens toenemende boukostes en ‘n verskuiwing in fokus in die verskaffing van toegang tot veilige verblyfreg en basiese dienste,” het die dokument gelui.
Die regering het tussen 1994 en die einde van verlede jaar 2,7 miljoen huise vir lae-inkomste-families gebou.
‘n Bedrag van R31,9 miljard is opsygesit vir behuisingsontwikkeling vir die nuwe finansiële jaar.
Die regering het oor die mediumtermyn R30,3 miljard opsy gesit om informele behuising in metropolitaanse munisipaliteite op te gradeer en R1,1 miljard om myndorpe te verstedelik.
R3 miljard sal ook in hierdie tydperk aan medium-digtheid-huurbehuising in stedelike gebiede gegee word.
Sowat 6 000 bykomende medium-digtheid-behuisingseenhede sal in aangewese sones in stede en groot dorpe gebou word vir huishoudings met ‘n maandelikse inkomste van tussen R1 500 en R7 500.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA