Begroting: Min beweegruimte vir Gordhan
2013-02-27 14:30
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.56 | -1.61% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.49 | -1.48% | 1340.29 | 1.64% |
| Rand/€ |
 | 12.34 | -2.17% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1375.48 | -0.75% | 41815.36 | 1.79% |
Kaapstad – Pravin Gordhan, minister van finansies, het sy begroting vir 2013 Woensdag in die parlement ter tafel gelê, en gesê daar is ondanks beperkte ekonomiese groei steeds geleenthede om te benut.
Suid-Afrika se ekonomie het die laaste jaar gegroei, maar stadiger as wat in verlede jaar se begroting voorspel is.
Die bruto binnelandse produk (BBP) het in 2012 met 2,5% gegroei, en sal na verwagting vanjaar met 2,7% groei. Dié syfer sal in 2015 tot 3,8% styg.
Inflasie het ook nie skerp gestyg nie. Pryse het in 2012 met 5,7% gestyg, en sal oor die medium termyn met sowat 5,5% per jaar styg.
"Maar ons verrigting in handel hou ons terug. Uitvoere het verlede jaar in reële terme met slegs 1,1% gegroei, terwyl invoere met 7,2% gestyg het," het hy gesê.
Dié trae ekonomiese groei het veroorsaak dat die regering in die komende belastingjaar met R27,8 miljard minder belastinginkomste sal moet klaarkom as waarop die tesourie verlede jaar ten tye van die mediumtermyn-begrotingsraamwerk gehoop het.
'n Kleiner belastinginkomste in die huidige belastingjaar (2012-'13) beteken ook dat die begrotingstekort vir dié jaar tot gelykstaande met 5,2% van die bruto binnelandsse produk (BBP) sal verbreed.
Gordhan het ook na arbeidsonrus in die mynsektor verwys as een van die oorsake van die teleurstellende groeikoers.
Verbeterde vermoë om elektrisiteit te genereer, 'n relatief stabiele inflasiekoers en laer rentekoerse sal volgens Gordhan help om die groeikoers oor die medium termyn te verbeter.
"Maar dit is nie genoeg nie. Baie meer is nodig. 'n Verhoging in beleggings deur die private sektor en mededingendheid is nodig in die breër ekonomie," het Gordhan gesê.
– Meer inligting volg binnekort.
– Volg Nuus24 op Twitter.