Barbara Hogan lei nuwe ekonomiese raad
2012-08-07 18:33
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.29% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.42 | 0.39% | 1348.56 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | 0.1% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1370.00 | -0.37% | 41836.02 | 0% |
Kaapstad – Die voormalige minister van openbare betrekkings Barbara Hogan, is Dinsdag as voorsitter van die Wes-Kaapse ekonomiese ontwikkelingsvennootskap (EDP) aangestel.
Hogan het in 'n verklaring gesê dat die 10 mense op die eerste EDP-raad 'n magdom ervaring het wat goed te pas sal kom in die opbou van besigheidsverhoudings.
"Die EDP is 'n innoverende organisasie. Dit gaan oor mense wat bymekaar kom om goeie werk te doen en 'n ware verskil aan die ekonomiese toekoms van die Wes-Kaap en die land as 'n geheel te maak," het sy gesê.
Die ander lede van die raad is: Ashoek Adhikari, Blum Khan, Carli Bunding-Venter, Dhiresh Ramklass, Jenny Cargill, Julian May, Kashif Wicomb, Pieter Lodder, Vuyiseka Dubula en Xoliswa Daku.
Die EDP is 'n onafhanklike organisasie wat in April op die been gebring is om ekonomiese ontwikkeling te fasiliteer. Dit het reeds meer as 100 lede-organisasies in verskillende streeksektore.
Die raad sal sy eerste vergadering aan die einde van Augustus hou.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA