Banke sal 1time-klante terugbetaal
2012-11-04 14:45
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.55 | -1.22% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.46 | -0.43% | 1323.88 | -1.22% |
| Rand/€ |
 | 12.35 | -1.56% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1388.73 | 0.79% | 41660.48 | -0.37% |
Johannesburg – 1time-klante, wat hul kaartjies deur Absa en Standard Bank bespreek het, sal terugbetaal word, het die Sunday Independent berig.
"Om klante se lewens te vergemaklik, kan ons bevestig dat alle 1time-aankope wat met Absa-kaarte gemaak is, terugbetaal sal word," het Absa se Arrie Rautenbach gesê.
Ross Linstrom, woordvoerder van Standard Bank, het aan die koerant gesê klante wat hul debiet-, krediet- of tjekkaarte gebruik het om kaartjies te koop, kan die bank kontak en vra dat die transaksie omgekeer word.
FNB het op sy Twitterblad aangekondig dat hy bereid is om transaksies om te keer, maar klante moet 'n dispuutvorm invul en 'n geldige 1time-strokie het.
Honderde passasiers is Vrydag gestrand gelaat toe die lugredery sonder waarskuwing al sy vlugte gekanselleer het weens bankrotskap.
Die lugredery se skuld beloop sowat R320 miljoen.
Beamptes by die lugredery kon nie vir kommentaar bereik word nie.
Besoek die lugredery se Facebook-blad vir meer inligting.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA