Banke bekommerd oor Mangaung-besluite
2012-12-11 08:08
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.29% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.42 | 0.39% | 1348.56 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | 0.1% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1370.00 | -0.37% | 41836.02 | 0% |
Johannesburg – Banke het die ANC gewaarsku om versigtig te wees vir die moontlike gevolge van besluite oor beleid wat by die party se komende verkiesingskongres in Mangaung geneem word, het berigte Dinsdag gelui.
Cas Coovadia, uitvoerende hoof van die Bankvereniging van Suid-Afrika, het gesê besluite wat by die kongres geneem word kan 'n negatiewe uitwerking op banke hê, het Business Day berig.
"Die punt is, as [ANC-afgevaardigdes] verkeerde besluite neem oor die mynwese, grondsake en landbou, het dit 'n impak op ons," het Coovadia gesê.
Enoch Godongwana, hoof van ekonomiese beleid vir die ANC, het gesê hy stem met Coovadia saam.
"Net soos die banke, is ons lief vir hierdie land, en ons sal besluite neem wat ons sal help om ons sosio-ekonomiese kwessies te verbeter.
"Wat ons weier om te aanvaar, is dat mense aan ons voorskryf watter besluite ons moet neem."
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA