Amcu sê vredesooreenkoms maak nie sin
2012-09-08 07:32
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.58 | -0.32% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.50 | -0.63% | 1353.72 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.38 | -0.39% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1386.60 | -0.05% | 40998.58 | 0% |
Rustenburg – Die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu) sê hy sien geen rede om die Marikana-vredesooreenkoms te onderteken nie, het OFM berig.
Jimmy Gama, ‘n woordvoerder, sê die vakbond stel nie belang in geweld nie, maar wel dat Lonmin se platinum-myn die behoeftes van hul werknemers moet respekteer.
Sapa het vroeër berig Amcu en verteenwoordigers van Marikana se werkers het nie die vredesooreenkoms onderteken nie.
Peter Bailey, voorsitter van gesondheid en veiligheid by die National Union of Mineworkers (Num), sê die ooreenkoms kan tot onderhandelinge lei.
Die praatjies wat tot die ondertekening gelei het, het baie moeite en geduld vereis, het hy gesê.
“Dit was ‘n lang pad om te volg. Die KVBA [kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie] sal van nou af die onderhandelinge fasiliteer. Die onderhandelaars sal na verwagting binne 30 dae ‘n skikking bereik.”
Die nuusagentskap berig stakende werkers het hul eie komitee saamgestel om hulle by die onderhandelinge te verteenwoordig.
RSG het vroeër berig die Lonmin-groep se aandeelprys het vroeër vir die eerste keer in meer as 'n week effens herstel, ná die nuus dat 'n vredesooreenkoms met sommige vakbonde by die Marikana-myn bereik is.
Volg Nuus24 op Twitter