Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

AfriForum gee R100 000 vir Outa se regskoste

2012-08-14 13:47
Tweets Share Share line Print

Aanwysers

Rand/$ 9.520.58%Goudmynesektor
Rand/£ 14.390.09% 1362.920%
Rand/€ 12.32-0.12%Alle aandeleindeks
Goud/oz1391.220.21% 40855.890%

Johannesburg – Die burgerregte-organisasie AfriForum het R100 000 aan die Opposition to Urban Tolling Alliance (Outa) geskenk as bydrae tot Outa se regskoste in die hofstryd teen die implementering van die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë.

Die konstitusionele hofsaak, waarin die regering appèl aanteken teen die interdik wat die Noord-Gautengse hooggeregshof teen die implementering van die e-tolstelsel toegestaan het, word Woensdag aangehoor.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het 'n beroep op die publiek, maatskappye en ander burgerlike organisasies gedoen om AfriForum se voorbeeld te volg deur ook 'n bydrae tot Outa se regskoste te maak, aangesien 'n suksesvolle hofstryd teen die e-tolstelsel tot voordeel van almal in die land sal strek.

Volgens Kriel verkeer die owerhede onder 'n wanindruk dat hulle kan wegkom met die wanbesteding van die publiek se geld – soos wat die geval is met die e-tolstelsel se buitensporige hoë invorderingskostes – omdat hulle glo die burgerlike samelewing beskik nie oor die hulpbronne om die owerheid in die hof tot verantwoording te roep nie.

“Bydrae deur die publiek het dit al telkens vir AfriForum moontlik gemaak om wanpraktyke in die howe te pak en AfriForum glo die publiek sal dit nou ook vir Outa moontlik maak om sy hofstryd teen die e-tolstelsel voluit voort te sit,” het Kriel gesê.

Diegene wat tot Outa se regskoste wil bydra, kan dit direk op Outa se webwerf doen, of kan deur AfriForum se SMS-lyn R10 skenk deur die woord “tol” te SMS na 38655.

Woensdag se konstitusionele hofsaak is volgens Kriel ook van kardinale belang omdat die regering verkeerdelik aanvoer dat die interdik teen e-tol daarop neerkom dat die hof inbreuk gemaak het op die regering se mag om beleid te formuleer.

“Dit is belangrik dat hierdie wanvoorstelling in die hof beveg word. Geen hof skryf regeringsbeleid voor nie, maar wanneer die implementering van enige beleid egter in stryd is met die grondwet of wetgewing, het die howe ? duidelike grondwetlike mandaat om toe te sien dat die Grondwet en wetgewing eerbiedig moet word,” het Kriel gesê.

Kriel het daarop gewys dat die regering eerder moet toesien dat die beleid wat hy implementeer nie die grondwet en wetgewing minag nie.

“Die regering bedreig die oppergesag van die reg deur voortdurend die howe die sondebok vir die regering se miskenning van wetgewing te wil maak,” het Kriel bygevoeg.

– Volg Nuus24 op Twitter
 

Lees meer oor: e-tolstelsel  |  afriforum  |  outa
VOLGENDE OP NUUS24X

Repokoers onveranderd gelaat

2013-05-23 15:21

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Sjoe, BarloworldMaponya . . . en al dié motors?

23 May 2013

Die BarloworldMaponya-tak in Orlando-Oos, Soweto, was verlede week so vol nuwe motors dat daar nie parkeerplek vir [...]

My laaste middagete saam met Michael Jordaan

23 May 2013

"Iets anders wat baie sterk in my middagete met hom uitgestaan het was die idee dat die bankbedryf ’n agtenswaardi [...]

SA se volwaardige biobrandstofbedryf kort momentum

20 Mar 2013

Suid-Afrika is een tree nader aan die totstandkoming van ’n volwaardige biobrandstofbedryf nadat die regering ’n l [...]


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 20:37 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive
  • Thursday Pretoria - 18:17 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Lois Avenue
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.