Afleggings: Boere het geen ander keuse
2013-02-07 13:00
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.52 | -1.23% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.45 | -1.2% | 1337.08 | 1.4% |
| Rand/€ |
 | 12.27 | -1.59% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1378.35 | -0.55% | 41410.21 | 0.8% |
Johannesburg – Boere het geen ander keuse as om werkers af te lê en koste te besnoei om te oorleef nie, het die landbou-organisasie TLU SA Donderdag gesê.
Die organisasie het gesê minstens 2 000 werkers, veral in Limpopo, het afleggingskennisgewings ontvang.
"Dié afleggings was die begin. Boere het onmiddellik ná die aankondiging van die nuwe minimumloon begin herstruktureer," het Bennie van Zyl, algemene bestuurder, gesê.
Mildred Oliphant, minister van arbeid, het Maandag 'n nuwe minimumloon van R105 per dag vir plaaswerkers aangekondig. Die loon sal vanaf 1 Maart effektief wees.
Van Zyl het gesê boere het weens die "huidige stand" van die landbousektor 'n loon van R80 voorgestel.
Hy het gesê die meeste van die afleggings is weens boere wat hul boerderye meganiseer.
"Die uitwerking wat die minimumloon op verbruikers en die land se voedselsekuriteit gaan hê, is ondenkbaar."
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA