Absa-baas haar bonus kwyt
2013-02-13 14:03
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.52 | 0.58% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.39 | 0.09% | 1362.92 | 0% |
| Rand/€ |
 | 12.32 | -0.12% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1391.22 | 0.21% | 40855.89 | 0% |
Johannesburg – Absa se hoof, Maria Ramos, gaan haar kontantbonus prysgee nadat die groep se winsvertoning aansienlik swakker was as verwag, berig Sake24.
Absa se wins vir die afgelope jaar het met 13% geval weens ’n styging in slegte verbandskuld.
Die groep se netto inkomste het tot R8,39 miljard geval, vergeleke met R9,67 miljard die vorige jaar. Verdienste per aandeel het tot R12,27 gedaal – laer as ontleders se verwagting van R12,57.
Die groep het in ’n verklaring gesê meer verbandlenings en finansiering vir handelseiendom moes afgeskryf word. Dit was die hoofrede vir die swakker winsvertoning, volgens Absa. Sy dividend het onveranderd gebly op 684c.
Volgens Ramos was die resultate “teleurstellend” en was die groep se wins swakker as Absa se eie mikpunt. Ramos verwag dat Absa se kredietverliese “aansienlik” gaan verbeter vanjaar.
Ramos se bonus het in die vorige boekjaar R14 miljoen beloop. Haar totale pakket was amper R21 miljoen in 2011.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA