ANC verwelkom begrotingstoespraak
2013-02-27 18:00
Aanwysers
| Rand/$ |
 | 9.46 | -1.53% | Goudmynesektor |
| Rand/£ |
 | 14.38 | -1.04% | 1314.64 | -3.72% |
| Rand/€ |
 | 12.15 | -1.26% | Alle aandeleindeks |
| Goud/oz |  | 1357.39 | -0.62% | 40917.25 | -1.2% |
Johannesburg – Pravin Gordhan, die minister van finansies, se begrotingstoespraak het Woensdag goed ingepas by die regering se ontwikkelingsplanne, het die ANC gesê.
“Ek is baie bly dat ons nou begin om syfers te sien wat toegeken word aan ‘n program wat oor ‘n periode van tyd ontwikkel het,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, gesê.
Gordhan het gesê sy 2013-begroting is deel van die implementering van die nasionale ontwikkelingsplan.
Mantashe het gesê die bestedingsyfers vir onderwys, behuising en gesondheid pas goed in by die regerende party se planne om die ekonomie vorentoe te neem.
Hy het bygevoeg dat dit verblydend is dat die regering nie op verbruik spandeer nie, maar eerder op beleggings vir die toekoms.
Burgers moenie bekommerd wees dat die begrotingstekort verby die 40% van die land se bruto binnelandse produk (BBP) is nie. Gordhan het in sy begrotingsrede gesê dat die begrotingstekort tot 4,6% van die BBP sal verbreed.
“As jy in infrastruktuur belê, neem die tekort toe. Jy mors nie daardie geld nie. Jy sit dit in om die kapasiteit van die ekonomie te laat toeneem en om die enjin van die ekonomie te vergroot vir die toekoms,” het hy gesê.
Oor die regering se poging om korrupsie te beveg, het Mantashe gesê: “Julle sal resultate sien wanneer julle dit wil sien. Die probleem met ons in Suid-Afrika is dat ons soms nie vooruitgang raaksien nie. Ons is altyd op die uitkyk vir die negatiewe.”
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA