Rugby-wêreldbeker

Walliesers lugtig vir 'puik' Brüssow

2011-09-04 23:18
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

Wellington – Die Springbok-flank Heinrich Brüssow is uitgesonder as ‘n gevaarman deur Wallis se verdedigingsafrigter, Shaun Edwards, met Suid-Afrika, die wêreldkampioene, wat tekens begin wys van hul oorrompelende 2009-spelpeil.

Wallis en die Springbokke meet op 11 September in Wellington in die wêreldbeker-toernooi kragte en Edwards sê sy spelers is wel bewus van die uitdaging wat op hulle wag.

“Die Springbokke lyk op papier weer soos die span van 2009,” het Edwards aan verslaggewers in Wellington gesê."

Die Springbok-span van 2009 het die Britse en Ierse Leeus geklop en die Drienasies-reeks maklik beklink, met onder meer drie oorwinnings oor Nieu-Seeland.

“Hulle lyk baie sterk met Heinrich Brüssow en al die sterre wat in daardie reeks teen die Leeus gespeel het, terug in die span. Dit dra by tot die uitdaging.

“As ons daarin kan slaag (om ‘n oorwinning te behaal), sal ons dit teen ‘n Springbok-span op volle sterkte doen.”

Edwards het gesê hy meen Brüssow, wat die grootste deel van die 2010-seisoen weens ‘n kniebesering misgeloop het, het goed aangepas by die veranderings in interpretasies van reëls wat die voordeel aan die aanvallende span gee. Dit maak van hom ‘n steeds ernstige bedreiging.

“Hy is ‘n werklike wêreldklas-nommer ses en hulle kry jy nie sommer nie,” het Edwards oor die 25-jarige Brüssow gesê.

“In 2009, soos die skeidsregters toe geblaas het, hoef hy nie die bal te gelos het as hy op die grond was nie, so dit was tot sy voordeel, maar hy keer steeds bal om met die nuwe interpretasies.

“Dit is ‘n groot kompliment aan hom, dat hy sy styl en sy tegniek aangepas het... dit sal ‘n groot uitdaging vir ons losvoorspelers wees.”

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
 

- Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Debtors controler

Durbanville, South Africa
Exceed HR
R15000 - R20000

Technician

Cape Town, South Africa
Executech
Market Related

VB C# Software Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Sharan 1.8 Turbo MPV MY01
2006
R 219,995.00

NISSAN

Primastar 1.9 DCi 100 SWB Dsl Bus
2007
R 209,995.00

TOYOTA

Hilux 2.7 VVT-i RB Raider PU MY09
2011
R 246,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.