Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Rugby-wêreldbeker

Twee All Blacks in sop oor drinksessie

2011-10-08 23:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

Kaapstad – Die All Black-sterre Cory Jane en Israel Dagg het volgens mediaberigte, minder as 72 uur voor Nieu-Seeland se Wêreldbeker-kwarteindwedstryd teen Argentinië, 'n kwaai drinksessie gehad.

Volgens die webtuiste nzherald.co.nz was Jane en sy beseerde spanmaat Dagg Donderdag by die Mac's Brewbar in Takapuna.

Jane het glo ook 'n sigaret in die kroeg aangesteek, rokery in kroeë word reeds sedert 2004 in Nieu-Seelandse kuierplekke verbied.

Toe die polisie vir 'n verpligte inspeksie opdaag, iets wat algemeen is in Takapuna, het personeel die spelers in die kombuis versteek. Geskokte bystanders sê die twee spelers "was onvas op hul bene" en het nie "baie duidelik gepraat nie".

Jane het na bewering 'n bondel $50-note rondgeswaai en aangebied om vir almal in die kroeg drankies te koop. Hy het glo ook agter die kroeg gaan staan en gemaak asof hy vir homself 'n drankie wil skink.

Twee ooggetuies wat Sondag (Nieu-Seeland tyd) met die Herald gepraat het, het gesê die spelers het die kroeg omstreeks 22:45 Donderdagaand binnegekom.

"Israel Dagg het met ons kom gesels, maar hy was beslis onvas op sy bene. Dit was nie asof hy enige tyd sou omval nie, maar hy was definitief onder die invloed."

Die All Blacks se spanbestuurder, Darren Shand, was duidelik ontsteld oor die bewerings.

"Hulle is die ouens wat die nagevolge sal moet dra, want hulle gaan bekendstaan – veral in hierdie land –  as die spelers wat hul span in die steek gelaat het," het Shand gesê.

Maar hy het bygevoeg dat die span die kwessie reeds intern afgehandel het en dat die spelers volgens spanreëls gedissiplineer is.

"Ons het geen reëls vir spelers wat rook of drink nie, maar verwag steeds dat hulle die regte besluite sal maak. Daar is duidelike bewyse dat albei hulself in die steek gelaat het. Cory sal een helse wedstryd moet speel," het Shand bygevoeg.

Die All Blacks skop Sondagoggend om 09:30 SA tyd teen Argentinië op Eden Park af.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.