Springbok-nederlaag: 'SA verdien die waarheid'
2011-10-14 13:05
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Kaapstad – Die gerespekteerde sportwetenskaplike Tim Noakes het ná die Springbokke se nederlaag teen Australië in die Wêreldbeker-kwarteindronde gesê die Internasionale Rugbyraad (IRR) moet bewys daar was geen knoeiery nie.
Noakes het in ‘n brief aan die Cape Times gesê die Springbokke se nederlaag teen die Wallabies was ‘n voorafbeplande uitkoms van “gekookte” wetenskap.
“Wanneer wetenskap gemanipuleer word om ‘n voorafbeplande uitkoms te hê, noem mens dit ‘gekookte’ wetenskap,” het hy geskryf.
“As ‘n sportwedstryd se resultaat vooraf beplan is, noem mens dit ‘knoeiery.’”
“Ek sê nie daar was knoeiery nie, ek sê die IRR moet bewys daar was nié,” het Noakes verder geskryf.
Noakes het gesê Suid-Afrika is op 'n onregverdige wyse van sy Wêreldbeker-troon afgeskop en hy twyfel nie die Kiwi-skeidsregter Bryce Lawrence baat by die resultaat van die wedstryd nie.
“Lawrence se vertoning kan op slegs een manier interpreteer word – dat hy persoonlik baat uit die Wallabies se oorwinning.”
“Suid-Afrika verdien die waarheid,” het hy gesê.
– Sport24
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.