'Speel Butch op 12' – Eddie
2011-09-13 23:03
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Herman Mostert
Kaapstad – Die voormalige Australiese afrigter Eddie Jones sê die Springbokke behoort Butch James op binnesenter te kies vir hul kragmeting met Fidji.
Die span se eerste keuse op binnesenter, Jean de Villiers, het teen Wallis ‘n ribbesering opgedoen en sal Saterdag se wedstryd teen die eilanders misloop. Dit laat Peter de Villiers, afrigter, met ‘n taai keuse oor wie om in die nommer 12-trui te kies – Juan de Jongh, Patrick Lambie, Frans Steyn of Butch James?
Jones glo egter die besluit vir Saterdag se wedstryd is duidelik. “Uit ‘n Suid-Afrikaanse perspektief is die sleutel om iemand te vind wat soos Jean (de Villiers) speel. Butch (James) kan dit doen. Hy kan sy laagvatte uitvoer en die bal goed dra en versprei,” het Jones aan die webwerf RugbyXV gesê.
Jones, wat die Springbokke se tegniese adviseur was by die 2007-wêreldbekertoernooi, glo ook James se skopskoen sal ‘n bykomende wapen bied langs Morné Steyn, aangesien die Bokke se taktiese skopwerk op ‘n tiekie sal moet wees as hulle wil vermy dat die Fidjiane gevaarlike teenaanvalle loots.
“Om die opsie van ‘n tweede skopper op 12 te hê, sal ook baie belangrik wees. Die Bokke moet van die voorvoet af skop, nie onder druk nie, om te verseker dat die Fidjiane nie ‘n platform vir teenaanvalle het nie.”
Jones sê De Jongh kan van die plaasvervangerbank af gespeel word, wat later in die wedstryd ‘n baie nodige vonk kan verskaf.
- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
- Sport24