Samoa-speler uit rugby geskors
2011-10-04 14:26
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Wellington – Samoa se Eliota Fuimaono Sapolu is uit rugby gekors nadat hy die Walliese skeidsregter Nigel Owens as "rassisties" uitgekryt het in 'n Twitter-boodskap.
Die senter, wat vroeër ook uitgevaar het oor die manier waarop sy land by die Wêreldbeker behandel word en organiseerders van "slawerny" beskuldig het, het nie Dinsdag vir sy tugverhoor in Auckland opgedaag nie.
Volgens 'n verklaring wat Dinsdag uitgereik is, is Sapolu "voorlopig uit rugby geskors".
Die skorsing beteken dat hy nie vir sy Engelse klubspan Gloucester kan speel totdat 'n toekomstige tugverhoor, indien dit wel sou plaasvind, anders besluit nie.
In Sapolu se jongste uitbarsting, na die 13-5 nederlaag teen Suid-Afrika, beweer hy dat Samoa die slagoffers van 'n sameswering is.
"Ek kan die haat verstaan. Haha sterkte jou (Nigel Owens) rassistiese bevooroordeelde 'prick'".
"Kry s.a (Suid-Afrika) in die volgende ronde. Daai plan was duidelik. Kan nie wag om IRR-lede in die openbaar te ontmoet nie," het die 30-jarige op sy Twitter-profiel gesê.
Die verklaring wat deur die Wêreldbeker-organiseerders uitgereik is, het gesê die Engelse tugbeampte Jeff Blackett het bevind dat weens Sapolu se versuiming om die tugverhoor by te woon, hy die saak sal uitstel na 'n gepaste tyd vir die speler.
Maar die verklaring het bygevoeg, totdat daar op 'n nuwe verhoor-datum besluit word, hy voorlopig uit alle rugbyunie-wedstryde geskors is.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24