SA blaser reg om Pocock en McCaw te beheer
2011-10-15 10:08
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Die blapse wat die Nieu-Seelandse skeidsregter Bryce Lawrence in die Wêreldbeker-kwarteindstryd tussen die Springbokke en die Wallabies gemaak het, plaas nie bykomende druk op Suid-Afrika se Craig Joubert nie.
Hy blaas môre op Eden Park in Auckland die fluitjie in die halfeindstryd tussen die Wallabies en die All Blacks.
Alle oë sal gerig wees op hoe Joubert die afbreekpunte – veral die spel van David Pocock, Wallaby-baljagter, en Richie McCaw, kaptein van die All Blacks – beheer.
Lawrence het die afgelope ses dae onder wêreldwye kritiek deurgeloop nadat hy misluk het om Pocock vir ontoelaatbare spel by die afbreekpunte teen die Bokke te straf.
Na aanleiding daarvan het Steve Hansen, hulpafrigter van die All Blacks, gepleit Joubert moet môre ekstra streng by die afbreekpunte blaas.
Joubert steur hom egter min aan die Lawrence-debakel.
“My voorbereiding is weekliks dieselfde. Ek het dié week probeer verseker dat ek môre my beste kan lewer.”
Hy het ’n fisioterapeut besoek, ’n ronde gholf gespeel en genoeg tyd saam met sy gesin, wat in Auckland aangekom het, deurgebring.
“Ek en my gesin bly in ’n gerieflike woonstel wat byna soos ons huis in Suid-Afrika voel. Ek voel ontspanne en is sielkundig reg ingestel vir die wedstryd.
“Ek het die laaste paar jaar genoeg ondervinding gekry en die Super14-eindstryd in Soweto (tussen die Bulls en die Stormers) het my deeglik voorberei vir eindstryd-rugby.”
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24