Rugby-wêreldbeker

Rugby-rillers!

2011-09-10 07:11
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

Dit hoef geensins so skouspelagtig soos Vrydag se openingseremonie van die Wêreldbeker-rugbytoernooi te wees nie – ’n sege, hoe lelik ook al, sal vir Suid-Afrika deug in Sondag se groepwedstryd teen Wallis.

“Ons het vier jaar hiervoor gebou,” het die Springbok-afrigter, Peter de Villiers, gister in die aanloop na Springbok-rugby se oomblik van waarheid in die Wellington Regional-stadion gesê.

“Die druk is op die Bokke en dit sal ook altyd die geval wees. As jy kyk na wat ons reeds in wêreldrugby bereik het, sal die verwagtinge baie hoog wees.

“Daar is ’n bevolking van meer as 40 miljoen mense wat op ons staatmaak om die beker huis toe te bring en die land te verenig. Jy kan nie sulke druk systap nie. Ons geniet dit, want dit haal die beste uit ons en hou die span op sy tone.”

Wallis self is onder druk om die daad by besonder baie woorde te voeg. Sy afrigter, Warren Gatland, was sedert sy aankoms in Nieu-Seeland uitgesproke en het selfs so ver gegaan as om oor die Bokke se speelstyl te sê dat hulle “nie enige rugby speel nie”.

Die kans is ook daar dat dit op ’n yslike stryd van die voorspelers en skakelpare gaan neerkom, want die weervoorspelling dui op reën. Daar kan boonop ’n windjie wees om die stelskoppers se taak te bemoeilik.

“Reën is deel van die spel. Dit is een van daardie dinge wat jy nie kan beheer nie. Die sleutel lê in hoe jy daarop reageer, en dís vir ons belangrik. Ons moet só reageer dat ons energie daaruit put,” het die breier gesê.

De Villiers het toegegee dat die Bokke se eerste wedstryd van yslike belang is. Die span wat tweede in die groep eindig, gaan waarskynlik ’n kwarteindstryd teen Australië moet speel en die wenner teen Ierland.

Ondanks die feit dat etlike kenners meen dié wedstryd gaan die wenner van Groep D bepaal, het Samoa en Fidji al in vorige WB-toernooie daarin geslaag om Wallis te klop.

“Jou eerste wedstryd in enige toernooi is belangrik, want dit sal bepaal hoeveel energie jy daaruit put. Dit kom daarop neer dat hierdie vir ons ’n yslike wedstryd is. Ons besef hoe belangrik dit is om goed te begin,” het De Villiers gesê.

Hy wil ook nie hê dat sy span enigsins aan die statistieke vasklou dat Suid-Afrika sy laaste 12 wedstryde teen Wallis gewen het nie. “Niks wat in die verlede gebeur het, tel môre nie. Jy kan nie in die verlede vasgevang word nie. Daar iets fout met jou én jou span se karakter indien jy sulke dinge toelaat om jou te beheer.”

De Villiers se spankeuse het geen verrassings opgelewer nie. Sy uitsprake in die aanloop na die wedstryd het altyd daarop gedui dat die kaptein, John Smit, bo Bismarck du Plessis op haker gekies sal word.

“Dit is nooit malik om ’n span te kies nie. Ek is nie sentimenteel daaroor nie. Jy gaan sit en kyk waarmee die teenstander vorendag gaan kom en werk dan ’n plan uit om hom te stuit.”

Dis die eerste keer dat Suid-Afrika en Wallis mekaar in ’n WB-toernooi die stryd aansê.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-21°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-27°C Sunny. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

330i E90 AT
2007
R 329,000.00

AUDI

A4 1.8 Turbo
2007
R 199,995.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 109,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.