Rooi kaart het afrigter warm onder die kraag
2011-10-15 20:09
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Auckland – Die skeidsregter Alain Rolland se besluit om Sam Warburton, kaptein van Wallis, in dié span se halfeindstryd-kragmeting met Frankryk met 'n rooi kaart te straf, was verkeerd, het die Rooi Drake se afrigter, Warren Gatland, gesê.
Rolland het Warburton in die 19de minuut van die veld af gestuur ná hy Vincent Clerc op die verkeerde manier grond toe gebring het.
Wallis was in dié stadium 3-0 voor, maar het uiteindelik met 8-9 verloor.
Gatland het Rolland se besluit as "verkeerd" bestempel, terwyl die assistentafrigter Shaun Edwards dit 'n "ramp vir die kompetisie" genoem het.
"Ons aanvaar dit," het Gatland gesê.
"Die ding wat my verras is dat die reaksie van die skeidsregter oombliklik was."
"Vir 'n ervare skeidsregter om so 'n deurslaggewende besluit in die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi te neem, wel, dit het die halfeindronde verongeluk," het Gatland gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP