Rugby-wêreldbeker

Oud-All Black: Pocock beste flank by WB

2011-09-08 12:17
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

Auckland – Die Wallabies se baljagter David Pocock sê hy voel gevlei om deur een van sy rugbyhelde as die wêreld se beste nr. 7 gereken te word.

Dié bewering wat deur Josh Kronfeld, een van die All Blacks se staatmaker-losvoorspelers in die 1990's gemaak is, het 'n hele paar wenkbroue in rugbymal Nieu-Seeland laat lig.

"'n Goeie nr. 7 kan die span maak of breek," het 'n Britse koerant Kronfeld Woensdag aangehaal.

"Kyk maar na David Pocock. Hy is tans die beste nr. 7 in die wêreld, 'n meester."

Pocock word beskou as een van die Wallabies se grootste wapens by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi.

Die 23-jarige, wat in Zimbabwe gebore is, is een van die jongelinge in afrigter Robbie Deans se span sedert hy die leisels in 2008 oorgeneem het.

Pocock sê hy voel geëerd om, deur een van sy rugbyhelde, selfs hoër as die All Black-kaptein Richie McCaw geag te word.

"Josh Kronfeld was 'n legende. Ek onthou hoe ek op laerskool gekyk het hoe hy met daai kopskerm van hom speel," het hy aan joernaliste gesê.

Kronfeld het in 54 toetse vir die All Blacks uitgedraf en sy land by die 1995 en 1999 WB-toernooie verteenwoordig.

"Hy was een van daai ouens wat altyd die vleuels, of dit nou Jonah Lomu was of iemand anders, agterna gesit het. En as hulle naby die kantlyn geduik word en die bal skiet los sou hy dit gryp en 'n drie gaan druk."

Pocock, wat as 'n toekomstige kaptein beskou word, is een van twee Australiërs wat verlede jaar vir die IRR se speler van die jaar genomineer is.

McCaw het dié toekenning gewen.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- SAPA

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Developer/ Java Team leader

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility MY08 PU
2009
R 104,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.