Nieu-Seeland deur na WB-eindstryd
2011-10-16 12:00
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Auckland – Nieu-Seeland het Australië 20-6 in die tweede halfeindronde van die Wêreldbeker-rugbytoernooi op Eden Park in Auckland geklop.
Die senter Ma'a Nonu van die All Blacks, het in die sesde minuut, ná 'n briljante aangee van Israel Dagg, die enigste drie van die wedstryd gedruk.
Die All Blacks het teen rustyd 14-6 voorgeloop en die skrumskakel Piri Weepu het twee strafdoele in die tweede helfte van die wedstryd oor die pale gestuur om die All Blacks se telling op 20 te bring.
Nieu-Seeland kom op 23 Oktober te staan teen Frankryk in die eindstryd van die toernooi.
Australië, wat twee keer die wêreldkampioene was, en Wallis sê mekaar Vrydag die stryd aan in die uitspeelwedstryd om die derde plek.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- AFP