Kiwi’s juig oor kaptein McCaw
2011-10-14 09:10
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Auckland – Duisende Nieu-Seelanders sou gisteraand ’n sug van verligting geslaak het nadat die All Black-kaptein, Richie McCaw, wat met ’n voetbesering sukkel, in die rugbyspan ingesluit is vir Sondag se Wêreldbeker-halfeindstryd hier op Eden Park teen Australië.
Die heelagter, Israel Dagg, en die linkervleuel, Richard Kahui, het ook van hul beserings herstel.
Die keurders het die jongeling Aaron Cruden in die beginspan ingesluit, met die ervare Stephen Donald op die plaasvervangersbank.
Sonny Bill Williams, wat as vleuel en senter ingespan is, is op die plaasvervangersbank, asook die hardebaard Ali Williams.
Dié brombeer in die Kiwi-enjinkamer het Sondag maar sy vierde drie in 57 toetse gedruk en net die bal agter die doellyn neergesit en teruggedraf.
Daarenteen is die Wallabies se Digby Ioane iemand wat daarvan hou om met lyftaal sy blydskap oor drieë te kenne te gee.
Hy het roem in Brisbane verwerf toe hy ná ’n drie vir die Reds se span teen die Bulls in Super Rugby met die “spinnekopdans” vorendag gekom het.
Kry hy die kans om in die Wêreldbeker-halfeindstryd teen die All Blacks ’n drie te druk, het Ioane gister hier gesê, sal hy eerder die Thorn-manier volg en terugdraf.
“Maar as ons die wedstryd wen, sal daar beslis danspassies wees, sommer die hele nag lank.
“Dié is een wedstryd wat jy altyd sal onthou. En daarom sal dit die moeite werd wees om dit ’n positiewe herinnering te maak.
“Maar wen of verloor, dit gaan ’n absolute drukkoker wees om in te speel. Dit is iets waaroor elke speler droom.”
Die spanning oor dié halfeindstryd is daagliks aan die opbou en links en regs word houe uitgedeel om ’n sielkundige voorsprong te probeer kry.
Die Australiese plaasvervanger-skrumskakel, Luke Burgess, het sy sekonde van roem op die mediakonferensie gebruik om hul Kiwi-afrigter, Robbie Deans, se beuel te blaas. “Robbie gee werklik om vir sy spelers. Hy gesels en kommunikeer met elkeen op ’n individuele grondslag en laat jou presies weet wat hy verwag.”
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Die Burger