Rugby-wêreldbeker

Jonny loof Flood as nr.12

2011-10-07 09:29
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

Auckland. – Toby Flood se insluiting as binnesenter om Eng­eland se spelskepping Saterdag in die kwarteindronde van die Wêreldbeker-toernooi teen Frankryk te verbeter, is deur die losskakel, Jonny Wilkinson, verwelkom.

“Dit bied veelsydigheid sonder om iets van ons eenheid in te boet,” het Wilkinson gesê.

Flood se insluiting in die plek van die beseerde Mike Tindall is een van vier veranderinge aan die span.

Daar is nou nie net ’n beter verspreider van die bal in die middelveld nie, maar ook ’n regtervoet-skopper.

“Jy het nou twee ouens op dieselfde golflengte wat op dieselfde dinge fokus en ’n soortgelyke manier het om probleme uit te sorteer.

“Ons het albei as nommer 10 en nommer 12 gespeel en ons kan aanpas by omstandighede op die veld,” het Wilkinson gesê. “Om Toby daar te hê, is gerusstellend.

“Wanneer ek onder in ’n losskrum vasgepen lê, sal ek weet daar is iemand wat dink soos ’n nr.10 en daardie besluite kan neem.”

Martin Johnson, die Engelse se afrigter, het ’n dilemma gehad weens die twyfel wat oor Tindall se beskikbaarheid bestaan het, maar Flood, hoewel hy ’n heeltemal ander soort speler is, was waarskynlik die beste keuse as plaasvervanger.

Johnson wou ’n speler met meer opsies binne Manu Tuilagi as senter gehad het.

“Vir my is dit ’n opwindende kombinasie,” het Johnson gesê.

Selfs die skrumskakel, Ben Youngs, is opgewonde oor wat Wilkinson en Flood saam kan doen. “Hulle ken mekaar baie goed en sal iets spesiaals aan ons aanvalle gee.”

Met Flood daar, is daar ook meer stelskop-opsies.

“Daar is net twee skoppe wat ek graag sal wil oor hê,” het Wilkinson gesê van sy 11 mislukkings uit 20 pogings. Johnson wou egter nie sê wie sy eerste keuse as stelskopper teen die Franse gaan wees nie.

Die span is:

Ben Foden, Chris Ashton, Manu Tuilagi, Toby Flood, Mark Cueto, Jonny Wilkinson, Ben Youngs, Nick Easter, Lewis Moody (k), Tom Croft, Tom Palmer, Louis Deacon, Dan Cole, Steve Thompson, Matt Stevens. PLAASVERVANGERS: Dylan Hartley, Alex Corbisiero, Courtney Lawes, Simon Shaw, James Haskell, Richard Wigglesworth, Matt Banahan.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility MY08 PU
2009
R 104,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.