Hansen smeer heuningkwas
2011-08-18 10:09
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Port Elizabeth. – Krisis? Watter krisis?
Sover dit die All Blacks se voorspeler-afrigter, Steve Hansen, aangaan, verloop alles klopdisselboom met Springbok-rugby in die aanloop na Saterdag se Drienasies-rugbytoets hier én die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland.
“Ek dink Suid-Afrika stap sy eie pad en maak hom reg vir die WB-toernooi, want dis die belangrikste toernooi van die jaar. Die Springbokke het reeds vroeg besluit dat die Drienasies nie hul toernooi gaan wees nie en dis hul goeie reg,” het Hansen gesê.
“Hulle het nou baie ervaring in die span ingebring. As jy die veranderings van verlede naweek se toets teen Australië in ag neem, lyk dit of hulle ’n proefneming doen om te sien of ’n paar jong manne die senior ouens kan aanvul.”
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24