Hane se senter van oogkrappery beskuldig
2011-10-26 13:17
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Wellington – Die Franse senter Aurelien Rougerie is Woensdag van oogkrappery tydens die Hane se Wêreldbeker-eindstryd teen die All Blacks beskuldig.
Beeldmateriaal wat deur Sky televisie in Nieu-Seeland vrygestel is, wys die voorval waar Rougerie se vingers Sondag oor die oë van die All Black-kaptein Richie McCaw beweeg.
Die beweerde oogkrappery het drie minute voor die blaas van die eindfluitjie plaasgevind.
McCaw het bevestig dat hy "met 'n vinger in die oog gesteek is", maar het bygevoeg dat hy nie weet of dit opsetlik gedoen is nie.
Hy moes mediese behandeling vir die oog-voorval ontvang.
Hoewel 'n skorsing van ses maande vir oogkrappery opgelê kan word, het die All Blacks die voorval as onbelangrik afgemaak.
'n Woordvoerder vir die Internasionale rugbyraad (IRR) het ook bevestig dat die uitwys-periode vir die Wêreldbeker-eindstryd reeds verstryk het.
Frankryk wou nie kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie, maar die span se mediabestuurder Lionel Rossigneux het McCaw beskuldig dat hy die losskakel Morgan Parra in die eerste helfte met sy knie bygekom het.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24