Rugby-wêreldbeker

Habana gereed vir aanslag

2011-09-29 18:39
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

Auckland – Bryan Habana beskou sy enigste vorige toets teen Samoa as spesiaal, maar ook een van die mees fisieke uitdagings wat hy nóg met die Springbokke ervaar het.

Die voormalige IRR-speler van die jaar het vier drieë gedruk in die Springbokke se oorwinning van 59-7 teen Samoa in die groepfase in die 2007-wêreldbekertoernooi.

Habana (28) het by vanjaar se toernooi Suid-Afrika se voorste driedrukker geword met sy 39ste drie in sy 72ste toets. Hy weet die verdedigende kampioene sal voor nóg ‘n fisieke uitdaging te staan kom in Vrydag se wedstryd teen Samoa.

“Dit was baie spesiaal, dit is ook uniek om vier drieë vir jou land te druk,” het Habana Donderdag by ‘n mediakonferensie in Auckland gesê.

“Maar in daardie eerste 20 minute was ek nie regtig daarin geïnteresseerd om met hulle te bots nie, nadat ek gesien het hoe hul agtsteman (Henry Tuilagi) in Danie (Rossouw) en Schalk (Burger) vasgehardloop het.

“Ek dink nie môre (Vrydag) sal veel anders wees nie. Die struktuur waarbinne Samoa nou werk, met heelwat van hul spelers wat in Europese ligas speel, het daartoe gelei dat hulle ‘n veel beter span is as wat hulle in 2007 was.

“Hulle gaan ‘n groot uitdaging vir ons wees – nie net fisiek nie, maar ook met hul strukture.”

“So ons gaan moet seker maak ons speel van ons beste rugby as ons enige kans op oorwinning wil hê.”

Habana, wat Jonah Lomu se vorige toernooirekord van agt drieë by die vorige wêreldbeker verbeter het, het gesê al is die All Blacks die span om te klop, glo die Springbokke hulle kan weer die wêreldbeker wen.

“Daar is ‘n geloof binne die span dat ons beslis hierdie wêreldbeker kan wen,” het Habana gesê.

“Die invloed van buite af is nie werklik belangrik nie, maar eerder die druk wat ons op onsself as ‘n span en individue plaas om goed te speel.

“Die All Blacks het definitief hul stem dik gemaak oor die afgelope paar weke en die res van die wêreld volg hulle op die oomblik.”

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter
 

- AFP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R280000 - R350000

SharePoint Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2001
R 51,995.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2004
R 109,990.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2001
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.