G'n Bok op speler van die jaar-kortlys
2011-10-19 12:13
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Auckland – Geen Suid-Afrikaanse rugbyspeler het vanjaar die Internasionale Rugbyraad (IRR) se kortlys vir speler van die jaar gehaal nie.
Volgens die IRR se webtuiste sal die wêreld se voorste speler op 24 Oktober by die Vector Arena in Auckland aangekondig word.
Vier kandidate op vanjaar se kortlys speel in Sondag se Wêreldbeker-eindstryd. Hulle is Frankryk se kaptein Thierry Dusautoir en die All Blacks Piri Weepu, Jerome Kaino en Ma'a Nonu.
Die twee ander kandidate is Australië se David Pocock en Will Genia.
"Die speler van die jaar-toekenning is die grootste eerbetoon wat 'n speler tydens sy loopbaan kan ontvang en word in 'n Wêreldbekerjaar as 'n nog groter eer beskou. Dit neem in aanmerking spelers se vertonings in alle internasionale wedstryde insluitende die Ses- en Drienasies-reekse," het die IRR se hoof, Bernard Lapasset, gesê.
Die kandidate word deur 'n onafhanklike komitee, wat deur die oud-Wallaby John Eales gelei word, gekies. Die res van die komitee bestaan uit Will Greenwood, Gavin Hastings, Raphaël Ibanez, Francois Pienaar, Agustín Pichot, Scott Quinnell, Tana Umaga en Paul Wallace.
Vorige wenners:
2010 – Richie McCaw (Nieu-Seeland)
2009 – Richie McCaw (Nieu-Seeland)
2008 – Shane Williams (Wallis)
2007 – Bryan Habana (Suid-Afrika)
2006 – Richie McCaw (Nieu-Seeland)
2005 – Dan Carter (Nieu-Seeland)
2004 – Schalk Burger (Suid-Afrika)
2003 – Jonny Wilkinson (Engeland)
2002 – Fabien Galthié (Frankryk)
2001 – Keith Wood (Ierland)
Lees die volledige storie hier.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24