Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Rugby-wêreldbeker

Gesoute Namibiërs na WB

2011-08-19 08:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

Pretoria – Met minstens die helfte van sy groep wat gereeld op provinsiale vlak in Suid-Afrika speel en ’n klompie ander wat in Europa geld uit rugby verdien, behoort Namibië se Wêreldbeker-groep nie groot-oog in Nieu-Seeland aan te kom nie.

Só meen Kees Lensing, die kaptein van die Namibiërs se vorige Wêreldbeker-veldtog – in 2007 in Frankryk.

Die gewese loskopstut, wat verlede jaar sy loopbaan by Castres in Frankryk beëindig het, glo dat die gereelde blootstelling aan provinsiale rugby die Namibiërs mededingend sal maak, maar erken dat hulle in ’n baie taai groep speel.

“Om teen vier spanne te speel wat almal in die top-10 in die wêreld kan wees, is ’n baie steil bult vir Namibië.

Daarom gaan die gehalte van die voorbereiding van die span vooraf van deurslaggewende waarde wees,” het Lensing oor die Groep D-wedstryde teen Fidji, Samoa, Suid-Afrika en Wallis gesê.

“Ek dink die 2011-groep sal meer ervaring hê as die een van 2007.

Rugby het egter met minstens vyf persent vorentoe beweeg en ek is nie seker of die 2011-span vyf persent beter is as die een van 2007 nie.”

Die groep, wat Donderdag bekendgemaak is, word dié keer deur die gewese Griekwas- en Blou Bul-flank Jacques Burger aangevoer.

Burger draf tans vir Saracens uit, terwyl Jacques Niewenhuis (Aurillac, Frank­ryk), Piet van Zyl (Bourgoin, Frankryk), Ryan de la Harpe (Moseley, Engeland) en Eugene Jantjies en McGrath van Wyk (Farul Constanta, Roemenië) ook in die Noordelike Halfrond speel.

Spelers wat plaaslik provinsiale rugby gespeel het, sluit in Danie Dames en Worsie Kotze (Luiperds), Connie Marais (Pumas), Chrysander Botha (Valke), Rohan Kitshoff (Westelike Provinsie), Marius Visser (Grens) en die Bolandse Kavaliers Jané du Toit en Nico Esterhuyze.

Dertien spelers van die 2007-groep is weer gekies.

Administratiewe chaos dreig om die span se veldtog te ontwrig en onderhandelings deur die Namibiese regering om die Hage Geingob-stadion by die Namibiese Rugbyunie te koop om laasgenoemde se groot skuldlas te delg, het misluk.

Die regering het wel aangedui dat hy die span gaan bystaan, maar dat dié geld via ’n trust aan die spelers betaal word en nié deur die NRU hanteer sal word nie.

Namibië se afrigter, Johan Diergaardt, het aan die Republikein gesê dat hy hoogs tevrede is met die samewerking tussen spelers en die tegniese span.

“Ek is beïndruk met die durf en kameraadskap in die kamp. Op die oefenveld gaan die manne voluit en doen wat van hulle verwag word.

Ons sou graag meer oefenwedstryde wou speel, of met strawwer teenstanders kragte meet, maar is gereed vir dit wat die toernooi na ons kant toe gaan gooi.”

Namibië se WB-groep is: Agterspelers: Chrysander Botha, Heini Bock, Danie Dames, Llewellyn Winkler, Connie Marais, McGrath van Wyk, Darryl de la Harpe, Daniel van Wyk, Piet van Zyl, David Philander, Worsie Kotze, Tertius Losper, Ryan de la Harpe, Eugene Jantjies. Voorspelers: Pieter-Jan van Lill, Jacques Nieuwenhuis, Renaud van Neel, Tinus du Plessis, Jacques Burger (k), Rohan Kitshoff, Nico Esterhuyse, Hendrik Franken, Wacca Kazombiaze, Heinz Koll, Raoul Larson, Johnny Redelinghuys, Jané du Toit, Marius Visser, Bertus O’Callaghan, Hugo Horn .
 
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

 
Verkeer
Lotto
 
  • Saturday Houghton Estate - 13:26 PM
    Road name: Louis Botha Avenue
    TRAFFIC LIGHTS not working at Houghton Drive
  • Saturday Houghton Estate - 13:23 PM
    Road name: M1 Northbound
    LANE CLOSURE for roadside works at Killarney Bends
 
Nog verkeersverslae...
 
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Treasury Accountant

East Rand
Communicate Cape Town Engineering
R250000 - R350000

Financial Manager

Gauteng
Communicate Cape Town Engineering
Market Related

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.