Rugby-wêreldbeker

Frans steek sy kleim af

2011-09-19 10:01
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

TAIHAPE - Die briljante vertoning van Frans Steyn as binnesenter teen Fidji is nóg ’n streepbal waarteen die Bok-afrigtingspan sy aanvanklike spankeuse moet beskerm.

Só het die agterlyn-afrigter, Dick Muir, hier erken.

Volgens hom het Steyn hom Saterdag wéér uitstekend van sy taak in Wellington gekwyt en sal dit beslis die afrigters laat besin oor hul spankeuses vir die res van die Wêreldbeker-rugbytoernooi.

Steyn het, soos in die WB-toernooi in 2007, ná die openingswedstryd by ’n beseerde Jean de Villiers as binnesenter oorgeneem.

Dié veelsydige Springbok-agterspeler het heelagter teen Wallis gespeel en goed vertoon, maar teen Fidji het hy die middelveld oorheers.

“Frans was baie goed, ja en ’n pluimpie vir hom vir sy poging,” het Muir gister gesê nadat die span in Waikato aangekom het.

Die Bokke sal hier voorberei vir hul wedstryde teen Namibië en Samoa, wat albei in North Shore gespeel word.

“Sy vertoning was ook van so ’n aard dat ons hard sal moet dink daaroor wat die regte agterlyn gaan wees namate ons die uitspeelfase nader,” het Muir erken.

Steyn self het gesê hy verkies die nr.12-trui. “Ek hou daarvan om naby aan die spel te wees en die twaalf-kanaal is so reg in my kraal. Dinge raak lekker fisiek daar en dit is hoekom ek rugby speel.

“Dit was lekker om weer my ou trui te dra en hy pas lekker, dankie. Ons sal maar moet sien wat gebeur as Jean weer terug is, maar tot dan speel ek graag daar.”

Steyn was vol lof vir Pat Lambie, wat in sy plek heelagter gespeel het.

“Ek is ’n Lambie-aanhanger vandat ons die eerste keer saam in ’n toets gespeel het. Hy het regtig goed gedoen en ek verstaan goed hoe hy as die jongeling in die span moet voel – ek was immers in dieselfde bootjie as hy in 2007. Ek het al klaar met hom gesels om seker te maak hy voel nie soos die jongste ou in die span nie, maar wel soos ’n speler wat ’n bydrae kan lewer.”

Volgens Steyn wil hy juis dít doen, ongeag die nommer op sy rug en voel hy die heel gemaklikste as daar ’n 12 op sy rug is. Die legendariese Franse senter Phillipe Sella glo ook Steyn moet binnesenter wees.

Sella het in ’n eksklusiewe onderhoud met Sport24 gesê hy is lank reeds ’n bewonderaar van Steyn se spel en volg sy vordering in die Franse Top14, waar hy vir Racing Metro speel.

“Frans was hierdie jong seun in 2007, maar het ’n massiewe indruk op almal gemaak met sy vertonings in die toernooi. Hy het beslis sedertdien verbeter en ek glo sy beste plek is, soos in 2007, op binnesenter.” Volgens Sella was Steyn se handspoed, visie en vermoë om oor die voordeellyn te kom, baie indrukwekkend. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2001
R 51,995.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2004
R 109,990.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2001
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.