Frans Steyn uit Wêreldbeker
2011-10-01 06:30
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Auckland – Frans Steyn sal waarskynlik die res van die Wêreldbeker-rugbytoernooi misloop nadat hy sy skouer in die wedstryd teen Samoa beseer het, het Peter de Villiers, Springbok-afrigter, Saterdag gesê.
Suid-Afrika het dié wedstryd 13-5 gewen.
"Frans Steyn sal waarskynlik huis toe gaan. Sy skouer is nie so goed nie. Die dokter sal dit 100% vanoggend bevestig, maar die kanse is 95% dat hy huis toe gaan en dit is 'n groot slag vir ons," het de Villiers gesê.
Bryan Habana, wat die enigste drie van die wedstryd aangeteken het, en JP Pietersen het ook beserings opgedoen, maar de Villiers is vol vertroue dat hulle beskikbaar sal wees vir volgende naweek se kwarteindronde.
Die Bokke sal na verwagting volgende Saterdag in die eerste uitklopwedstryd te staan kom teen Australië.
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- Reuters