Fourie lugtig vir Walliese taktiek
2011-09-06 21:58
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Wellington – Wallis het hul verdediging hersien en het nou die afbreekpunte in hul visier, het die Springbokke se verdedigingskoördineerder in die agterlyn, Jaque Fourie, Dinsdag gesê.
“Hulle (Wallis) het ‘n nuwe benadering,” het Fourie gesê voor die Springbokke se eerste wêreldbeker-wedstryd teen Wallis Sondag.
“Hulle het ook ‘n nuwe verdedigingstelsel. Hulle skiet redelik vinnig op en plaas spanne onder druk.
“Hulle slaan die losskrums ook hard, so ons moet net bly by wat vir ons werk en selfs beter doen.”
Fourie, wat in sy derde wêreldbeker-toernooi speel, glo die taai kompetisie in die groep waarby die Springbokke ingedeel is, sal in die span se guns tel.
“Dit is ‘n baie taai groep, wat ons sal voorberei op die kwarteindronde en ná dit,” het die ervare Bok-senter gesê.
“Dit kan ‘n positiewe ding wees. Ons het Wallis, ons het Fiji, Samoa, en ‘n mens kan nie Namibië net weggooi nie... ons neem al vier daardie wedstryde baie ernstig op.”
Die Bokke het almal dieselfde koortjie gesing en beklemtoon Wallis is in hierdie stadium al waarop hul fokus en dat die ander spanne in hul groep nader aan die wedstryde bestudeer sal word.
Fourie het gesê dit is hoe dit strykdeur die kompetisie sal wees.
“Dit is hoe ons dit wil benader.
“Die eerste wedstryd is teen Wallis. Ons wil oortuigend deur daardie een kom en dit van daar af vat.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA