Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Rugby-wêreldbeker

Fidjiane is groot én vinnig

2011-09-17 07:16
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

Met hul teenstanders wat ’n swaarder agterlyn het, kan die Springbokke se agterspelers bly wees hulle speel vandag rugby en dat dit nie ’n stoeigeveg is nie.

Die Bokke pak die vlugvoetige en bedrywige Fidjiane vandag in hul tweede Wêreldbeker-wedstryd, en die Bok-agterlyn sal moet wys hulle is ondanks hul ligter gewig nie lig in die broek nie.

Fidji se agterlyn laat die skaal op 665 kg kreun– 42 kg swaarder as die Bokke.

Minder kilogramme is nie die enigste probleem waarmee die Bokke se agterlyn gaan sit nie. Daar sal ook tred gehou moet word met die vaart van die swaargewigte.

Met hul sewes-vaardighede sal die Fidjiane soos ’n weghol-stoomtrein volspoed op die Bokke afgestorm kom.

Die “baba” in die Bok-span, Patrick Lambie (20), wat sy Wêreldbeker-debuut maak, se direkte teenstander op heelagter, Kini Murimurivalu, weeg 98 kg en is 1,84 m lank. Dit is 12kg swaarder as Lambie, wat 86kg weeg en 1,77 m lank is.

Die hele Bok-agterlyn, met die uitsondering van Frans Steyn wat 100kg weeg en 1,91m lank is, is ligter as hul Fidjiaanse teenstanders.

Murimurivalu is saam met die twee vleuels, Napolioni “The ­Beast” Nalaga (100 kg en 1,91 m) op linkervleuel en Vereniki Goneva (99 kg en 1,89 m) op regtervleuel, ’n swaar en gedugte kombinasie agter.

Die Bokke se agterste drie, wat bestaan uit Lambie, JP Pietersen (86kg en 1,91m) en Odwa Ndungane (85kg en 1,83m), sal voorwaar hul keer moet ken.

Fidji se twee senters, Gaby Lovobulavu (97 kg en 1,76 m) en Seremaia Bai (100 kg en 1,87 m), weeg ook swaarder as Jaque Fourie van die Bokke (96 kg en 1,88m).

Slegs Steyn met sy 100 kg kan met die eilandmanne oor gewig saampraat.

Op 85 kg en 1,79m is Nemia Kenatale, die skrumskakel, die ligste agterspeler in Fidji se span, gevolg deur sy skakelmaat, Waisea Sedre Luveniyali, met 86kg en 1,74 m in lengte.

Hierteenoor weeg die Bokke Fourie du Preez en Morné Steyn onderskeidelik 88kg (1,83m) en 82kg (1,86m).

Die Fidjiane se gewig het hulle egter in die laaste kragmeting teen Suid-Afrika in die Wêreldbekertoernooi in 2007 nie gehelp nie. Pietersen het toe die slot Ifereimi Rawaqa in die linkerhoekie uitgeduik en die Bokke van ’n nederlaag gered.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

- Die Burger

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

 
Verkeer
Lotto
 
  • Friday Roodepoort - 19:59 PM
    Road name: Ontdekkers Road
    TRAFFIC LIGHTS not working at Ruhama Drive
  • Friday Randburg - 19:58 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Boundary Road
 
Nog verkeersverslae...
 
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.