Div: Habana sy eie vyand
2011-10-01 14:45
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Auckland – Die Springbok-vleuel Bryan Habana is sy eie vyand en probeer almal tevrede stel, het Peter de Villiers, Springbok-afrigter, gesê.
Habana, wat ná die Wêreldbeker-toernooi in 2007 as die IRR se speler van die jaar aangewys is, is een van die gewildste spelers in internasionale rugby en dít is sy probleem, het de Villiers gesê.
"Bryan is sy eie vyand. Hy probeer so hard. Hy wil almal tevrede stel en ek dit hy tweet te veel."
"Mense tweet terug en dit pla hom baie, so hy wil almal daarbuite tevrede stel en die een ou wat hy mis is die ou in die middel."
De Villiers het aan Habana gesê: "As jy nie jouself tevrede kan stel nie, sal jy my nooit tevrede stel nie, en as jy my nie tevrede stel nie, sal jy jou plek in die spel verloor."
– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg