Brüssow: Juan se verlies 'massief'
2011-08-25 21:51
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Johannesburg – Provinsiale trots het niks te doen met Heinrich Brüssow se bekommernis dat hy nie sy Vrystaatse kaptein langs hom sal hê by die wêreldbeker-rugbytoernooi in Nieu-Seeland nie.
Brüssow, ‘n speler wat deur afrigter Peter de Villiers as sentraal tot sy planne beskou word, het vandeesweek gesê die afwesigheid van Juan Smith is ‘n veel groter terugslag as wat die meeste mense besef.
“Ons gaan dit mis om ‘n invloedryke speler en leier soos Juan by die wêreldbeker te hê,” het Brüssow gesê.
“Hy maak ‘n groot impak op die veld en alhoewel ons ons beste sal gee van die wegspring af, is hy een van daardie spelers wat ook ‘n groot rolmodel is en iemand vir wie ek baie respek het.”
Nietemin, met die letsels op sy gesig wat bewyse is van sy toewyding op die veld tydens verlede week se oorwinning van 18-5 oor die All Blacks, het hy vinnig uitgewys dat die manne wat gekies is om Smith te vervang, nie anders is in daardie opsig nie.
“Willem (Alberts) en Flo (Francois Louw) is ook uitstekende spelers en hulle weet ook wat van hulle verwag word,” het hy gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA