Rugby-wêreldbeker

All Blacks wens Lomu sterkte toe

2011-09-29 08:26
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

WB: Slegs een speler dop opkikkertoets
WB: Slegs een speler dop opkikkertoets

Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.

Bloudruk vir Fidji-sege
Bloudruk vir Fidji-sege

Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.

Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's
Wêreldbeker-rugby: Deel jou foto's

Die Wêreldbeker-rugbytoernooi skop môre af. Is jy 'n vurige Springbok-ondersteuner? Stuur jou foto's.

Wellington. – Die All Blacks het die legendariese Kiwi-vleuel Jonah Lomu alle sterkte toegewens terwyl hy in ’n hospitaal in Auckland vir ’n nierkwaal behandel word.

Lomu, wat jare reeds aan nefrotiese niersiekte ly en in 2004 ’n nieroorplanting ondergaan het, is Vrydag in die hospitaal opgeneem nadat sy gesondheid glo verswak het.

Meer besonderhede is nog nie bekend gemaak nie, maar plaaslike mediabronne in Nieu-Seeland beweer hy is in ’n bestendige toestand.

Die All Blacks se Wêreldbeker-span het Woensdag ná hul oefening in Wellington spesiaal ’n fotogeleentheid gereël waartydens die span die woorde “Word gou gesond, Jonah – Kia Kaha (wees sterk)” met plakkate uitgespel het.

Die All Black-haker Keven Mealamu het gesê hy het geen verdere inligting oor Lomu se toestand nie, maar het bygevoeg dat die foto bedoel is om “net ’n mooi boodskap van die ouens” aan Lomu te wees.

“Ek dink as mede-All Blacks wil ons maar net hê hy moet gou beter word. Hy verteenwoordig ’n groot deel van ons geskiedenis en eintlik ook ’n groot deel van wat die span vandag is.

“Dit is hartseer om ’n man soos hy te sien soos hy nou is; ons hoop regtig hy word gou gesond.”

Lomu, wat as een van die land se ware rugby-supersterre beskou word, het in 1994 op die ouderdom van 19 die eerste keer in ’n toets vir die All Blacks uitgedraf.

Hy het dit daarna nóg 62 keer gedoen, insluitend verwoestende vertonings in die 1995- en 1999 Wêreldbeker-toernooie.

Sy nierprobleme het eindelik sy loopbaan kortgeknip, hoewel die oorplanting in 2004, met die Nieu-Seelandse radio-omroeper Grant Kereama as skenker, sy gesondheid aansienlik verbeter het.

Hy het daarna selfs vir die Nieu-Seelandse provinsiale span North Harbour gespeel.

Lomu is ook by vanjaar se Wêreldbeker-toernooi as ’n “ambassadeur” betrokke en het op 9 September aan die openingseremonie deelgeneem.

Hy het ook aangekondig dat hy die Warriors-vleuel Manu Vatuvei in ’n boksgeveg vir die liefdadigheidsorganisasie Fight For Life sou aanvat.

Die geveg is vir 3 Desember in Auckland geskeduleer.

Die New Zealand Herald berig Lomu se familie wou voorlopig geen kommentaar lewer nie en dat hulle gevra het dat die media hul privaatheid respekteer.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne 2011 wêreldbeker

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...
Vorige uitslae
Datum Tuisspan Uitslag Besoeker
Punteleer
P W PTS
P W PTS
P W PTS
P W PTS
Spanne

Groep A

 
 
 
 

Groep B

 
 
 
 

Groep C

 
 
 
 

Groep D

 
 
 
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2001
R 51,995.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2004
R 109,990.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2001
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.