All Black-spanbestuurder: 'Haka-boete onnodig'
2011-10-25 11:19
In-diepte Verslae
Die Internasionale rugbyraad het onthul dat slegs een speler positief getoets het vir 'n verbode middel tydens die Wêreldbeker in Nieu-Seeland.
Die Springbokke se les uit hul sukkelsege oor Wallis is om nie eens ’n sege oor Namibië as vanselfsprekend te aanvaar in die Wêreldbeker-toernooi nie.
Wellington – Die All Blacks se spanbestuurder, Darren Shand, meen die Franse rugbyspan moes nie beboet word vir hul optrede tydens die Kiwi's se haka nie.
Die Hane het Sondag op Eden Park, voor die afskop van die Wêreldbeker-eindstryd, die All Blacks se uitdaging aanvaar deur in 'n V-formasie na die middellyn te stap.
Maar is Maandag deur die Internasionale rugbyraad (IRR) met £10 000 (sowat R127 000) beboet.
Shand het Dinsdag in 'n radio-onderhoud gesê die boete is 'n onnodige straf.
"Hulle het gekom om te speel en dit was fantasties. Die haka is 'n uitdaging van die All Blacks wat deur hul opponente aanvaar is, dis al," het Shand bygevoeg.
Frankyk se kaptein, Thierry Dusautoir, het gesê die span het Sondagoggend besluit om die haka te konfronteer.
"In 'n stadium wou my spanmaats die Nieu-Seelanders soen, maar ek moes hulle vra om dit rustig te vat," het hy gesê.
"Dit was 'n ongelooflike oomblik en 'n gebeurtenis wat ons altyd sal onthou."
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24