Wilhelm Jordaan

Die soort lof wat ’n kind se siel kan verhef

2012-01-25 07:34
Tweets Share Share line Print

Die laaste tyd is duisende skoolbeginnertjies “hok toe”, soos Trompie Toerien en sy Kwaggaberg-maters (Rooies, Blikkies en Dawie) graag met deurleefde gelatenheid gesê het.

En duisende ouers het kommer oor wat die “hok” vir hul kinders inhou.

Sal die kinders goeie, lewensvormende onderwys ontvang; sal hulle presteer; en sal hulle gelukkig wees?

Hoe ’n kind se skooljare verloop, het baie te doen met ouers se drome en verwagtings.

Dié dinge hoort tot die hart van ouerskap en het hoë motiveringswaarde.

Tog kan dit kinders op baie maniere verniel, juis omdat ons wêreld so onkrities gefokus is op die spektakulêre en die buitengewone – in die vorm van die verste, die hoogste, die meeste, die rykste, die slimste.

So gebeur dit dan dat ouers via die kind se prestasies prestige en aansien wil verwerf – sodat die slim kind wat so goed vaar eintlik vertel hoe slim en voortreflik die ouers is.

Daaruit kom van vroeg af die tragedie van ’n gevaarlike kompetisiekultus.

Subtiel en minder subtiel kry kinders die boodskap dat hulle móét presteer soos die vriende of kollegas se kinders presteer.

Die verwysingspunt is “die ander” – nie die kind self nie.

’n Dubbele tragedie volg wanneer sulke misplaaste drome en verwagtings ook die septer swaai in die ouer-kind-verhouding.

Soos wanneer prestasie, volgens ouerlike verwagtings, ’n voorwaarde word vir ouers se lof vir en liefdesbetuiging teenoor ’n kind. In die trant van: “Net as jy presteer soos ons dit verlang, verdien jy ons liefde en agting.”

So berekend blatant doen ouers dit natuurlik nie, maar in hul ywer om seker te maak dat die kind “’n wenner” is, word subtiele soorte verwerpings deel van die ouer-kind-verhouding.

Tot skade van die verhouding en die kind se moontlik sluimerende, andersoortige poten­siaal.

Daarom is dit noodsaaklik dat ouers alles doen om ’n realistiese raming van ’n kind se vermoë en talente te kry.

En as jy dít weet, werk daarmee en nie met die maaksels van verbeelding nie. Om dít te doen, is om jou kind te aanvaar soos hy of sy is. Dan werk jy met wat jy het en jy het onvoorwaardelik lief wat jy het.

Dié aanvaarding help om, saam met jou kind, spesifieke mikpunte te stel – in die vorm van realistiese verwagtings en uitdagings waarop die kind, namate selfvertroue en vaardigheid groei, kan verbeter.

Groter selfvertroue en vaardigheid gedy waar ouers én onderwysers bereid is om die mededingende pretasiekultus te besweer – deur sagter om te gaan met ’n kind se mislukkings, minder foutbehep te wees en die klem te laat val op dit wat die kind goed kan doen of regkry.

Want om iemand te loof vir wat hy of sy ís en bereik, hoe gering dit ook al lyk, is ’n sielsverheffende belewenis – vir die een wat loof én die een wat lof ontvang.

Soos ’n kers wat helder brand waar dit donker geword het.
 
- Oorspronklik verskyn in Beeld

Stuur jou kommentaar aan Wilhelm

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Wilhelm Jordaan-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R280000 - R350000

SharePoint Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2001
R 51,995.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2004
R 109,990.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2001
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.