Wilhelm Jordaan

Die omstanders hyg van walging

2010-03-10 08:40
Tweets Share Share line Print

Homo corruptus! wil ’n mens uitroep as jy deur die koerante blaai en byna daagliks berigte lees oor mense wat mag en posisie skandelik vir eie gewin aanwend.

Mense hou nie meer van die woord “sonde” nie. Maar korrupsie – waardeur mag misbruik word om jouself te verryk – is waaragtig ’n sonde teen die mensdom.

Korrupsie kom egter nooit alleen nie. Dit lê sy aan sy met die sogenoemde “sewe doodsondes”: hebsug, hoogmoed, afguns, woede, luiheid, vraatsug en wellus. Kyk maar hoe voed hulle mekaar oor en weer in ons kontrei:

Korrupsie word aangedryf deur hebsug – die begeerte om méér en nog méér te hê. Die ou versoberende identiteitspreuk: Ek dink, daarom is ek, is nóú: Ek versamel, daarom is ek.

Voeg hierby hoogmoed en die versameldrif duur voort in die trant van: Dit wat ék besit, plaas my ’n paar trappies hoër as ander. Kyk hoe blink ek en my motor!

Dít laat die vuurtjies van korrupsie opnuut opvlam by diegene wat die groen draak van afguns vertroetel: Ons het (nog) nie wat hulle het nie! Vryf dan die handjies en kyk grootoog rond na nog dinge wat gevat kan word.

Saam wek hoogmoed en afguns ook woede.

Woede by dié wat nie vinnig genoeg kan inoes nie en woede by dié wat vir alles agter in die tou moet staan en aangewys is op beloftes én wag en wag en nog wag ...

Daarmee glip luiheid soos ’n dief in die nag by die agterdeur in.

Daar is mos makliker en vinniger maniere om te versamel en glansryk te leef.

Wie kan nou werklik vorder en lekker leef volgens ’n werk-etiek wat praat van harde werk, geduld, spaar­samigheid, selfdissipline, vaardigheidsverwerwing, kennisverbetering en dienslewering aan ander?

So gaan dit jollie-patrollie voort ter wille van ’n sinsgenietende leefstyl.

En daarmee stap vraatsug en wellus hand om die lyf by die voordeur in.

Soos Jan Rabie dit beskryf in die makabere verhaal “Drie kaalkoppe eet tesame”:

“(Hulle) swaai op en af in die woeste vaart van hul eet. En terwyl hulle al vinniger eet, kwylend van ongeduld, gebeur ’n vreemde ding: sodra ’n nuwe bord voor hulle neergesit word, neem die inhoud daarvan menslike vorms aan ... Die omstanders hyg van walging, maar die drie kaalkoppe gewaar niks daarvan nie ...

“Hulle eet met ontstellende wellus, en vergeet selfs om die strome vet wat van hulle wange loop af te vee. Hulle gun hulleself geen verposing tussen elke stuk mensvlees nie ...”

Daarmee, meteens, weet ’n mens wat die allesvretende monster homo corruptus beteken: Die mens wat, volgens die oorspronklike Latynse woord, “breek en vernietig”.

Wat vernietig word, is mense se reg op menswaardigheid en die hoop op ’n beter lewe. En saam daarmee skeur die laaste vesels van ’n samelewing se etiese weefsel.

In ’n skildery, Ixion se val, beeld Cornelis van Haarlem (1562-1638) ’n drastiese “oplossing” uit: As simbool van korrupsie en sewemalige sondigheid tuimel ’n groteske, naakte vet man met angsgevulde oë al skreeuend ’n vlammeruimte in.

Dít na aanleiding van koning Ixion, ’n opperste skurk en wellusteling in die Griekse mitologie.

Hy kry van Zeus ’n laaste vergunning om tot inkeer te kom, maar slaan dit in die wind en gaan wellustig aan.

As straf laat Zeus hom vasbind aan ’n wiel van vuur en verdoem hom tot ’n ewige wentelgang in die vlammende Onderwêreld.

Ons leef egter nie in ’n goderyk van maklike en wrede oplossings nie.

Te midde van ’n onbeholpe, koers­lose owerheid wat (self-)vernietigend voortstrompel sonder krag of die wil om op te tree, lê die oplossing in onsself – in landsburgers se kollektiewe verset teen elke doodsondige versuim en vergryp. 

- Oorspronklik verskyn in Beeld

Stuur jou kommentaar aan Wilhelm

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Wilhelm Jordaan-kommentaar

Anrich sê... Baie nice Carryn-Ann, dit wys weereens volharding bring sukses, en as daar n wil is,is daar n weg!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

HYUNDAI

i20 1.6 GLS 5-dr
2009
R 129,990.00

BMW

M3 Coupe
2008
R 499,000.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 119,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.