Tim du Plessis

Mogoeng: Dís die redes

2011-09-09 08:01
Tweets Share Share line Print

Aan die einde van die week waarin Suid-Afrika se regbank aan regter Mogoeng Mogoeng toevertrou is, lyk die telbord so: rasse-dweepsug 1; nie-rassigheid 0.

Zanufikasie, wat handel dryf as die ANC se “nasionale demokratiese revolusie”, het dié veldslag verspot maklik gewen. Die ANC en pres. Jacob Zuma doen nou met die regbank wat Bob Mugabe en Zanu-PF met Zimbabwe s’n gedoen het: Laai dit gaandeweg met regters wat die soort uitsprake sal lewer wat die regerende party wil hê.

Mogoeng is net die begin. Nog soos hy is op pad. Gwede Mantashe, deesdae meer Gauleiter as sekretaris-generaal, het tien dae gelede al kennis gegee: Regters wat teen die ANC-regering beslis, is “teenrevolusionêre”. Wat by implikasie vervang moet word deur “patriotte” wat die ANC se nasionale demokratiese revolusie (NDR) steun.

Die media en ander burgerlike instellings moet hul stryd teen die inligtingswetsontwerp so gou moontlik voor die konstitusionele hof kry. Tans is daar nog genoeg regters op daardie bank wat die Grondwet hoër ag as die ANC se wense. Dit gaan nie so bly nie.

Ferial Haffajee, redakteur van City Press, het vandeesweek getwiet: “Dinge wat ek oor ons geleer het: Ons is tevrede met die tweede beste, hou van ’n underdog en is nou ferm ’n konserwatiewe nasie.”

Sy klink teleurgesteld, miskien selfs ontnugter. Op een punt is haar vlymskerp enkelsin-diagnose van die Mogoeng-kwessie nie korrek nie: dis nie “ons” wat tevrede is met tweede beste nie, dis die ANC. Al fout wat “ons” maak, is om die ANC daarmee te laat wegkom. In verkiesing op verkiesing.

Dit was nietemin ’n teleurstelling om te sien regters soos Bernard Ngoepe (regter-president in Pretoria) en Lex Mpati (appèlhof) raak deel van die rasse-gala waarop Mogoeng se verskyning voor die Regterlike Dienskommissie (RDK) uitgeloop het. Hulle is albei toonbeelde van die ou Romeine se civitas, integritas en gravitas.

Hoe hulle ’n leier kon instem wat so skreiend tekort skiet aan juridiese gravitas is onbegryplik. Sensitiwiteite oor ras en velkleur gaan duidelik nog baie lank met ons wees. Raak gewoond daaraan.

Ngoepe was baie gebelg oor die bedenkinge wat uitgespreek is oor Mogoeng sedert die nuus oor sy destydse “ontplooiing” na Konstitusieheuwel, setel van die konstitu- sionele hof in Johannesburg, bekend geword het. Ngoepe en ander het dit beskryf as ’n ongekende vendetta teen Mogoeng.

Die ergste wat ek gesien het, was die spotprenttekenaar Zapiro se sinspeling met die woord “moegoe” op die aangewese hoofregter se naam en van. Dit was buite perke. Maar van wanneer af klim jy in iemand se karakter in as jy bloot vra of die mens geskik is vir ’n taak?

Buiten dat Zuma toondoof is vir die kritiek belangrike kwessie van ’n onafhanklike regbank wat hier en in die buiteland gerespekteer word, is daar ’n dieper rede waarom hy ’n inskiklike ampsbekleër as hoofregter wil hê: Die moontlike terugkeer van sy nagmerrie genaamd probleme met die gereg.

Zuma kon hom vernuftig loswikkel uit die korrupsieklagte. Dit beteken egter nie daardie getuienis, geweeg en aanvaar in die appèlhof, het verdamp nie. Sulke getuienis is soos ’n weerbarstige koorsblaar: wanneer jy dit glad nie verwag of kan bekostig nie, verskyn dit skielik.

Vir daardie dag moet voorsorg getref word. Die doodmaak van die Skerpioene en hul vervanging deur die Valke, onder regstreekse politieke beheer, was die eerste stap. Toe is adv. Menzi Simelane, van lae oktaan en ’n plooibare kader, nasionale vervolgingshoof gemaak. Bheki Cele, polisiehoof, was vroeg reeds in posisie en sal daar bly – ongeag wat adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, oor die Roux-Shabangu-transaksies bevind.

Regter Dikgang Moseneke het nooit regtig ’n kans gehad nie.

- Oorspronklik verskyn in Beeld

Stuur jou kommentaar aan Tim

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Tim du Plessis-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2001
R 51,995.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2004
R 109,990.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2001
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.