Rhoda Kadalie

Jong skrywers gee hoop terwyl Malema stoei

2010-08-03 08:33
Tweets Share Share line Print

Terwyl Julius Malema en sy voormalige kameraad Lehlogonolo Masoga in die ANC-jeugliga stoei oor posisie, mag en vroue, het op Vrydag 23 Julie iets buitengewoons in die Kaapstadse Fugard-teater plaasgevind.

’n Paneelbespreking onder die sameroeperskap van prof. Njabulo Ndebele het ’n verkwikkende debat tussen van ons jong skrywers opgelewer wat hoop vir die toekoms gegee het.

Die debatsonderwerp, “Verdagte Versoening”, het gefokus op ’n ondersoek na die betekenis van versoening vir jong Suid-Afrikaners wat dalk nie die volle boosheid van apartheid ondervind het nie, maar nietemin daardeur gekortwiek word in ons strewe na nasiebou.

Thando Mgqolozana, wat in sy revolusionêre boek, A Man Who Is Not a Man, oor die gruwels van besnydenis skryf, het die “vreedsame verontwaardiging” oor die jaarlikse sterftes van jong mans weens hul besnydenis in die mees barbaarse omstandighede bevraagteken.

Hy het ’n vergelyking getref tussen hierdie tragiese, voorkombare sterftes en die jaarlikse moord op vreemdelinge, asook die hospitaaldood van babas aan bakteriële infeksies weens onhigiëniese omstandighede, en skepties gevra: “Hoekom – met ’n nuwe, demokratiese, swart regering – is ons ongeërg oor hierdie voorvalle en doen ons niks daaraan nie? Hoekom is ons aandadige getuies van ‘jong mans wat sterf om mans te word’?”

Hy verwerp dié wat kultuur gebruik om vooroordeel teen swart mense lewend te hou, as agterlik en barbaars en bied homself aan as iemand wat die praktyk as sodanig fundamenteel bevraagteken.

Kevin Bloom, ’n familielid van Richard Bloom, wat saam met Brett Goldin vermoor is, het hom uitgespreek oor menslike leefruimtes wat deur ras, stand en gender verdeel is.

Ondanks praatjies van stedelike vernuwing, verbind die rasselandskap ons steeds deur vrees. Hy het gepleit vir die transformasie van ruimtepolitiek, wat betekenisvolle verhoudinge tussen rasse en gemeenskap sal bevestig.

Nic Mhlongo, skrywer van Dog Eat Dog, het die “oorbemarkte” begrip van versoening, wat so kragtig tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi gemanifesteer het, as ’t ware speels rondgeskop. Vir hom is dit gedemonstreer deur die patriotiese steun vir Bafana Bafana, totdat die span uitgeval het.

Daarna het ons Ghana as ons vastelandse familie omarm, totdat hy verloor het. Toe het ons “hulle” (vergestalt in alle swart vreemdelinge) verjaag met ons ekstreme demonstrasies van xenofobie.

Die heersende opvattings oor versoening is, volgens hom, holrug gery en vrot van die geykte swart-wit skuldgevoelens.

Hy weier om ’n slagoffer te wees en te swelg in die “verwonding” wat so dikwels vertoon word wanneer swart mense onder kritiek deurloop. Vir hom begin versoening vanuit die bevrydingsbeweging, vanuit onsself.

’n Ongemaklike stilte het geheers toe Henrietta Rose-Innes, skrywer van Homing, ’n kort oorsig gelees het van die stiltes wat sy in haar gesin moes trotseer oor ’n huis wat hulle in die jare 1970-’80 gekoop het van ’n bruin gesin wat klaarblyklik uit die huis gesit is.

Sy was nooit moedig genoeg om haar ouers te konfronteer oor die vorige eienaars of die geskiedenis van gedwonge verskuiwings nie, en sy en haar gesin het hul lewe in hierdie geliefde huis voortgesit in ’n stille atmosfeer belaai met skuld oor die Groepsgebiedewet.

Die aand is afgesluit deur die weergalose Ariel Dorfman, wat ons genooi het om waardering te hê vir dié jong denkers wat “bloei” terwyl hulle bereid is om afgeslag te word vir hul ontmaskering van die politieke korrektheid en selfopgelegde sensuur wat ons sedert 1994 oorspoel het.

Hy het sy selfopgelegde sensorskap ná die Pinochet-revolusie te boek gestel, vasbeslote om nie skietgoed te gee aan die vyande van die revolusie deur die bevryders van Chili te kritiseer nie. Deur die uitlig van ooreenkomste tussen Chili en Suid-Afrika het Dorfman ons aangemoedig om “transgressief” te wees en die heilige koeie te vernietig deur te skryf wat ons wil, altyd gedagtig daaraan dat die rekening vir versoening nog kom.

Ons skuld dit aan hierdie geslag skrywers wat deur hul eerlikheid, durf en onverskrokkenheid bereid is om geslag te word, terwyl hulle die vorige generasie verdrukkers en bevryders afslag om vir hulself en toekomstige geslagte ’n nuwe toekoms te skep!

- Oorspronklik verskyn in Die Burger

Stuur jou kommentaar aan Rhoda

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Rhoda Kadalie-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R280000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2001
R 51,995.00

TOYOTA

Corolla Verso 180 MPV
2004
R 109,990.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2001
R 209,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.