Peet van Aardt

SA se hardste vloekwoord

2010-09-22 07:35
Tweets Share Share line Print

Ag ons almal doen dit seker.

Nee, ek bedoel nie winde laat of rugby kyk of selfs dooswyn drink nie.

Ek bedoel vloek. So nou en dan vloek ons almal seker.

Van die loslippige kletsrymer tot die gospelsanger met die donker verlede. Of dit nou in ons alledaagse gesprekke verskyn, of uitglip wanneer ons ‘n toon teen die bed se poot stamp… Ek laat my nie vertel daar is lippe te heilig vir ‘n ou lelike woordjie nie.

In Suid-Afrika bestaan daar egter die nuwe, sterkste, alomteenwoordige en alles-bepalende vloekwoord. Een woord, bestaande uit drie letters, wat 49 miljoen mense se bloed laat borrel soos ‘n pyn-fontein.

Op skool destyds onthou ek die Groot Vloekwoord. Dit was 'kak'.

Dis waarin ons beland het toe ek en my pel Warren ou Stoffel se motorbande probeer afblaas het. Of toe ons lukwarte by dominee se huis op die hoek gesteel het. Die ‘doom’ het natuurlik nie (hardop) gevloek nie, maar sy seun wat hy gestuur het om ons te jaag en net-net voor die spruit te vang het ons spoegspattend en met ‘n wilde blik in sy oë laat weet: Ons is nou kniediep.

Na skool was dit 'fok' se beurt.

Ja, die universiteit was die verhoog vir hierdie uitdrukking, hierdie werkwoord, hierdie denkrigting. Dit was die antwoord op byna enige akademies-verwante vraag:

'Het jy onthou ons skryf toets?'

'Wat dink jy van die nuwe skrumskakel?'

'Wat gaan jy doen as jy nie graad vang nie?’

In die Apartheidsjare was die Groot Vloekwoord 'hel'.

As jy nie deur Die Kerk of Die Staat met die hel gedreig was nie, het jy tien teen een reeds met een voet in die duiwel se warm kontrei gestaan. Diegene wat nie daarheen op pad sou wees weens hul politieke ingesteldheid nie, was sommer soontoe gery met gekamoefleerde lorries.

Vandag is daar egter 'n hele nuwe vloekwoord.

Een wat warmer brand as as enigiets uit die verlede, en wat met heeltemal te veel emosie gelaai is en jou aan die pikswart bodem van 'n gat kan laat beland.
 
Dis 'n vloekwoord wat in min plekke op aarde soveel sensasie en konsternasie kan veroorsaak soos in Suid-Afrika. En veral die NUWE Suid-Afrika.

Hierdie woord word misbruik as 'n geleentheid vir oppertunistiese leiers om hul swakhede te verbloem. En dit word 'n verleentheid vir 'n sekere bank wat rugby en politiek wou staan meng.

Dis 'n drieletter-woord wat ons aan die praat kry, en aan die skree hou. Dit is net ‘n woord, ek weet, maar een wat onherroeplike skade verrig, keer op keer. Dit maak van ons anders-wees ‘n afgod en oorskadu enige geloof.

Hierdie allermagtige vloekwoord is natuurlik: Ras.

En die hoeveelheid mag wat hierdie woord dra, ontstel my skoon. Maak my sommer lus om te vloek!


– Peet van Aardt is die nuusredakteur van Nuus24. Volg hom op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Peet

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Peet van Aardt-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R480000 - R600000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.