Peet van Aardt

Kan die ANC 'seblief vir Malema opfik!?

2010-03-12 07:58
Tweets Share Share line Print

(Verskoon asb die kru taalgebruik, maar dis tyd vir hard praat)

Die ANC moet net vir Julius Malema opfik.

Nee, dit is nie ‘n spelfout nie. Ek wou nie sê iemand moet hom opfok nie. Geweld is nooit die antwoord nie. As een wat deur Malema as ‘n ‘boer’ beskou word, weier ek om so laag soos hierdie jeugligaleier te daal.
 
My stelling is ook nie ‘n tikfout nie. Ek wil nie sê die ANC moet Malema opvoed nie. Sy matrieksertifikaat toon die skoolstelsel het hom gefaal. Wat die ongeruimdhede in sy belasting betref, wys dit Jan Taks se reëls maak geen indruk op hom nie. Sy beweerde betrokkenheid by miljioene rande se tenders wat op swak bouwerk uitgeloop het, dui op ‘n afwesige gewete.
 
Sy uitlating by die Universiteit van Johannesburg vandeesweek dat die boer geskiet moet word omdat hy ‘’n verkragter’ is, getuig van ‘n mens met ‘n donker siel en hart vol haat.
 
Regtigwaar, sulke mense het ons land nie nodig nie.
 
Gereeld word daar deur ANC-lede geneul dat die witmense, (of ‘boere’, soos wat Malema na ons verwys) nie wil saamwerk om ‘n nuwe, beter SA te skep nie. En ja, hul het ‘n punt beet – te veel van die ‘boere’ is negatief, wil hulself mobiliseer en sommiges hoop selfs dat belangrike geleenthede soos die Wêreldbeker-toernooi sal faal.
 
Maar hoe meer daar oproerige, onsensitiewe, idiotiese aanmerkings deur hierdie jeugleier gemaak word, hoe meer gaan die ‘boere’ negatief en selfs aggressief teenoor sy mede-landsburgers raak. Malema moet ons liefs nie almal onder dieselfde kam skeer nie. Hel, hy moet niemand met sulke haatspraak aanraak nie.
 
Ja, die verlede was verkeerd en daar is steeds armoede en ongeregtigheid. Maar jy, Julius ou maat, is ook deel daarvan en dobbel met die toekoms. So word groot en hou jou bek.
 
Soveel van ons wil net in Suid-Afrika leef, of dit nou deur swart, wit, pienk of pers regeer word. Die land sit met ‘n jong generasie wat nie daardie soort chip op die skouer dra nie. Maar Malema – hoewel sy ouderdom hom eintlik diskwalifiseer – het ‘n hele pak vol Simba op sy skouer.
 
Vir sy volgende sportstadion-makietie, kan hy dalk van hierdie chips afskud en aan sy volgelinge uitdeel terwyl hy duur sjampanje sit en drink.

Met sy uitlatings by die Universiteit van Johannesburg trek Malema natuurlik twee ou politieke truuks uit sy mou. Die klassieke ‘rook- en spieëls’-strategie. Met hierdie ‘skiet die boer’-uitspraak, verskuif hy die klem van die tenders- en belastingskandale waarby hy betrek is. Natuurlik sal hy liewer verkies om deur die ‘boere’ gepeper te word as wat Jan Taks of die gereg hom ondersoek.

Tweedens speel hy op sy volgelinge se teerste senuweepunte – die verlede en al die verwyt wat daarmee gepaard gaan. Hy braak net die negatiefste gal want dit is skynbaar soveel makliker as om werklik na oplossings te kyk.
 
En dit is beslis makliker om aan te val as om verantwoordelik te wees. Veral as niemand jou aan jou verantwoordelikhede herinner nie.
 
Want ek is bevrees onse president gaan dit nie doen nie. In sy kop, word Zuma te veel 'oor die kole gehaal' en gee hy tien teen een glad nie om dat Malema die ‘boere' op hul plek sit nie. Die ANC gaan niks aan hul waaghalsige grootbek doen nie. Kyk dan hoe haal Winnie vir Madiba uit omdat hy saam met FW – die man wat Mandela in die tronk gegooi het, volgens haar – sy Nobelprys-geleentheid bygewoon het.

Um, Winnie... kry jou geskiedenisfeite reguit. En as die Mandela-van werklik vir jou so groot “Albatros om die nek is”, verloor die tweede naam dan. Dis opportunisties en letterlik lelik naamwegsmyt. Sowaar, die ‘swaard van sedelikheid’ waarmee jy nou jou stekies inkry, is ook maar net ‘n afgesaagde ou stompie.
 
So wat dan gemaak met Malema? Mens kan slegs wag in die hoop dat hy opgeFik word...

Hiermee verwys ek na Fikile Mbalula.
 
Dis nou die man wat voor Malema die knuppel by die jeugliga geswaai het, ook alewig met 'n bek vol lewendige ammunisie. Hy, wat tans die adjunk-minister van polisie – en relatief stil is.

Ek onthou hoe afbrekend Mbalula was nie drie, vier jaar gelede nie. Die koerante was net so vol van sy rasende opstokery.
 
Maar Fikile Mbalula het – tot 'n mate – darem sy politiese jeugskoentjies ontgroei.
 
Ek hoop dieselfde gebeur met ou lemtong-Malema, dat hy dan ook so opgefik word.
 
En bliksem, ek bid dit gebeur binnekort want hy is besig om die belowende jong oes van ons land te vernietig.

– Peet van Aardt is nuusredakteur vir Nuus24.com

Stuur jou kommentaar aan Peet

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: julius malema

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Peet van Aardt-kommentaar

bennusan sê... Die gesprek laat my altyd dink aan "How TV ruined your life." Netjies gekryf. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Hilux 2.0 VVT-i PU MY09
2011
R 175,900.00

FORD

Ikon 1.6 Ambiente MY09
2010
R 109,900.00

HYUNDAI

Getz 1.4 GL 5-dr MY07
2010
R 99,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.