Morné Esben

‘n Taai stryd lê voor

2011-02-22 07:35
Tweets Share Share line Print

Na die eerste naweek van die nuwe Super Rugby-reeks kyk rugbykenners met nuwe oë na derby-wedstryde.

Dit het bewys dat derby-wedstryde tussen Nieu-Seelandse spanne die opwindendste is, dat die Suid-Afrikaanse derbies kliphard is en dat die Australiese derbies ietwat vervelig of eensydig is.

Maar ek wil op die Suid-Afrikaanse derbies fokus. Ná Saterdagaand se kragmeting tussen die Bulls en die Lions is die Lions waarskynlik ‘n span om voor uit te kyk dié seisoen. Die manier waarop hulle van 24-5 teruggeveg het, wys hulle gaan beslis nie in 2011 mak kaatjies wees soos verlede jaar die geval was nie. As Elton Jantjies beter pale toe gekorrel het, kon die Lions dalk daadie wedstryd gewen het.

Afrigter John Mitchell was heel duidelik omgekrap met sy span se vertoning in die eerste helfte. Hy’t ná die wedstryd gesê hy stel nie daarin belang om tweede te kom nie. Hy’t bygevoeg dat hulle baie gou hulle sokkies moet optrek as hulle die beste span in die Suid-Afrikaanse groep wil wees.

Hulle kom Saterdag teen die Stormers op Nuweland te staan en die Kapenaars sal ietwat op hulle senuwees wees ná die Lions se poging oor die naweek. Die Lions was veral sterk toe die wedstryd begin los raak het en dis dalk waar die Stormers van die Bulls af kan leer.

Solank die wedstryd redelik gestruktureerd is, is die kanse skraal dat die Lions wegholdrieë sal kan aanteken, so dit beteken die Stormers se voorspelers moet oorheers, met die agterlyn wat in die Lions se 22 losgelaat word.

Peter Grant se rol gaan ook baie belangrik wees as die Stormers die oorhand oor die opposisie wil kry. Hy’s nou weer terug in die Kaap na ‘n tydjie in Japan. Sy taktiese skopwerk sowel as sy skopwerk pale toe moet puik wees, maar ná ‘n hele paar maande in Japan kan ‘n mens nie help om te wonder presies hoe skerp Grant gaan wees nie.

Die verskil tussen die Japanese klub-kompetisie en Super Rugby is hemelsgroot.

Die feit dat dié twee spanne reeds mekaar in ‘n voorseisoen-wedstryd gepak het kan voordelig wees, maar ek’s nie seker vir wie nie. Die een voordeel vir die Stormers is dat hulle nou al Saterdagaand se wedstryd geanaliseer het en dat hulle nou ‘n beter idee van die Lions se sterk en swak punte het; tegelykertyd het die Lions reeds Super Rugby gesmaak, en hulle sal miskien effe skerper as die Stormers wees.

Ek verwag ‘n taai stryd, met die Stormers wat naelskraap gaan wen.

– Morne Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R280000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.