Morné Esben

'n Les of twee vir die Bokke

2010-08-03 07:51
Tweets Share Share line Print

As daar twee dinge was wat uitgestaan het in Saterdag se Drienasies-toets tussen die All Blacks en die Wallabies in Melbourne, is dit dat die All Blacks in ‘n liga van hulle eie is en dat skeidsregters vanuit die Suidelike Halfrond Drienasie-toetse moet beheer.

Die feit dat die All Blacks die Wallabies ‘n goeie loesing gegee het maak die Springbokke se verloor effe makliker om te aanvaar, maar ek besef ook dat die Bokke waarskynlik hulle vorige toets teen Australië moes gewen het.

Maar dis water onder die brug.

Terug na die All Blacks.

Die manne van Nieu-Seeland is by verre die beste span in die wereld dié jaar en die kanse lyk goed dat hulle die trofee omhoog sal hou. Maar as ek ‘n All Black-ondersteuner was sou dit my so effe gepla het met die Wêreldbekertoernooi om die draai.

Nes die Proteas word die All Blacks in sekere geledere as “chokers” beskou, en selfs Graham Henry moes Saterdag bieg dat sy span nie ‘n baie goeie rekord in Wêreldbeker-kragmetings het nie.

Henry gee toe dat sy span op die oomblik die pasaangeërs in wereldrugby is, maar waarsku dat baie in elf maande kan gebeur.

Wyse woorde, mnr Henry.

Die skeidsregter in Saterdag se wedstryd, Craig Joubert, het bewys dat skeidsregters van die Suidelike Halfrond eenvoudig in beheer van Drienasie-toetse moet wees. Ja, hy’t wel ‘n paar ongewilde besluite geneem, maar oor die algeheel het die wedstryd mooi gevloei en niemand kan kla dat hy te lief vir sy fluitjie is nie.

Ek dink hy’t die afbreekpunte baie goed hanteer, wat natuurlik in Richie McCaw se guns gespeel het. ‘n Mens kon sien dat beide spanne die naweek baie meer gelukkig met die skeidsregter was.

Sanzar sal dringend hierna moet kyk, want die interpretasie van die reëls tussen die Noordelike en die Suidelike Halfrond verskil steeds te veel.

Suid-Afrikaanse, Australiese en Nieu-Seelandse spelers speel in die Super14 vir tussen 13 en 15 weke met ‘n stel reëls wat op ‘n spesifieke manier geïnterpreteer word, maar word dan aan heeltemal ander interpretasies blootgestel wanneer hulle toetse moet speel.

Ek sal dit verstaan as skeidsregters uit die noorde beheer neem oor die Junie-toetse of op die toer van die VK, maar in ‘n hoë-profiel toernooi soos die Drienasies moet skeidsregters van die Suidelike Halfrond gebruik word.

In daardie sin gaan dinge nie beter word vir die Bokke nie – nog ‘n paar skeidsregters van die noorde sal hulle laaste drie toetse beheer en die beste sal wees om eenvoudig net beter by hulle interpretasie aan te pas.

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.