Morné Esben

Wat is fout met Habana?

2011-03-16 09:36
Tweets Share Share line Print

Die na-wedstrydse mediakonferensie ná die Stormers se 18-6 sege oor die Highlanders Vrydagaand het vir die eerste keer nogal woes geraak.

Dis gewoonlik redelik ordelik en kort, maar op daardie aand was dit heeltemal anders. En die rede daarvoor... Bryan Habana!

Habana was nie persoonlik in die mediakonferensie nie, maar daar is heelwat oor hom en sy huidige spelpeil gepraat. Dit was duidelik dat afrigter Allister Coetzee redelik omgekrap was oor die vrae en het so half sy gewone kalmheid verloor.

Volgens een joernalis sou dit miskien beter vir Habana wees om ‘n paar Vodacom-beker-wedstryde vir die WP te speel om weer te voel hoe dit is om drieë te druk. Coetzee het natuurlik sy vleuel beskerm deur te sê hy’s gelukkig met Habana se werksverrigting en dat hy hom steeds sal gebruik.

Dis natuurlik deel van ‘n afrigter se werk om sy spelers te beskerm, maar Habana maak dit beslis nie maklik nie.

Alhoewel hy vir werk gaan soek, ly sy basiese spel daaronder. Sy verdediging is ‘n probleem omdat hy baie keer uit sy verdedigingslyn opbeweeg, en as gevolg daarvan mis hy baie duikslae. Dit was veral deur die All Blacks en die Wallabies tydens verlede jaar se Drienasies-toernooi uitgebuit. Sy algemene foute gedurende wedstryde raak ook nou baie. 

Dis nie asof hy nie die bal kry nie. Met spelers soos Jean de Villiers, Juan de Jongh en Jaque Fourie aan sy binnekant, kry hy meer as genoeg bal maar dit lyk net asof hy nie lekker weet wat om daarmee te doen nie. Dit lyk ook asof hy sy selfvertroue kwyt is.

Dis half moeilik om uit te lig presies waar Habana se fout lê. Miskien probeer hy net te hard, of miskien pas hy net nie by die Stormers in nie. Miskien het hy min motivering aangesien hy reeds alles in rugby bereik het.

Daar moet bepaal word wat hom aanvanklik by die Bulls so goed gemaak het. Miskien was sy hardloop-tegniek ‘n bietjie verskillend van hoe dit nou is of miskien was hy net meer “honger” vir sukses toe hy in Pretoria was. Wat dit ookal is, moet daar lank en hard na Habana gekyk word om presies vas te stel hoekom hy nou net ‘n skaduwee van sy ou self is. 

Habana gaan nie vir altyd met sulke lae gehalte spel wegkom nie, en indien dit wel aanhou gaan dit net ‘n kwessie van tyd wees voordat hy die bank vir die Stormers en die Bokke gaan warm maak.

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.          
 

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
12 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SAGE CRM Consultant

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

IPhone Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

ERP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R240000 - R360000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.