Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Top-10 sport oomblikke van 2012

2012-12-21 08:18
Tweets Share Share line Print

Dis my laaste rubriek vir 2012 en dit was 'n wonderlike jaar vir sport. Daar was talle asemrowende oomblike vanjaar so dit was 'n bietjie moeilik om net tien te kies.

Maar nou ja, hier's my top-10 sport oomblikke vir 2012.

10. Sebastian Vettel het vanjaar die jongste Formule Een-renjaer geword om drie wêreldkampioenskappe te wen. Uitstekende renjaer, maar dit sal hom goed doen om in 2013 so bietjie meer nederig te word, want niemand hou van arrogante mense nie.

9. Lionel Messi het in 2012 die rekord gebreek vir die meeste doele in 'n enkele seisoen. Die man is maar nou een keer 'n sokkerlegende, maar het steeds sy voete plat op die aarde. 88 doele in een seisoen wil gedoen wees!

8. Hulde moet aan Natalie du Toit gebring word vir haar diens aan Suid-Afrikaanse sport. Sy't 14 Paralimpiese gouemedaljes in haar loopbaan ingepalm en alhoewel sy in haar laaste resies tweede gekom het, bly sy steeds een van Suid-Afrika se groot ambassadeurs.

7. Usain Bolt het vier jaar gelede almal se aandag gelok toe hy die vinnigste man op aarde geword het met 'n wêreldrekord tyd van 9.58 sekondes oor 100-meter. In vanjaar se Spele het hy weereens gewys dat hy nie op die oomblik 'n eweknie het nie. Hy't die 100 meter eindstryd in 'n tyd van 9.63 sekondes gehardloop en dis geen wonder dat hy die vinnigste man op aarde is nie.

6. Hashim Amla se 300-tal in die eerste toets teen Engeland sal waarskynlik enige iemand se lys van top-10 sport gebeure haal. Sy konsentrasie en foutlose tegniek sal verseker dat hy vir jare lank 'n doring in die vlees van ander krieketspanne sal wees!

5. So gepraat van Protea-krieketspelers - wie kan ooit Richard Levi se pragbeurt in die T20 reeks teen Nieu-Seeland in Februarie vergeet? 117 van slegs 51 aflewerings was die vinningste T20 honderdtal, die hoogste T20 internasionale telling en het die meeste sesse bevat. Eitsa!

4. WP wen vir die eerste keer in 11 jaar die Curriebeker. Daar is Kapenaars wat steeds feesvier deur Juan de Jongh se "Gangnam Style"-dans te doen!

3. Bryan Habana se skitter-drie teen die All Blacks wat ook as drie van die jaar aangewys is, was een van die beste wat ek ooit gesien het. Ongelukkig kon dit nie 'n teleurstellende eerste seisoen vir breier Heyneke Meyer versteek nie.

2. Chad le Clos het in 2012 'n welbekende naam in wêreldsport geword nadat hy die wêreld se beste swemmer, Michael Phelps, by die Olimpiese Spele ore aangesit het. Sonder twyfel een van die land se trotste oomblike.

En die nommer een oomblik in wêreldsport in 2012 is die Proteas wat die Engelse krieketspan tuis geklop het om die wêreld se beste toetskrieketspan te word. Hulle het dit opgevolg met 'n toetsreeks-oorwinning teen Australië Doer Onder om hulle nommer een status te bevestig.

Geseënde feesseisoen - ons praat weer sport in 2013!

GESELS SAAM: Is daar enige sport oomblikke wat jy graag op hierdie lys wou sien? Vertel ons by terugvoer@nuus.com of laai dit hier.

 – Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Northwold - 18:53 PM
    Road name: Malibongwe Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at Bellairs Drive - DELAYS from the N1 Highway
  • Thursday Pretoria - 18:42 PM
    Road name: Solomon Mahlangu Drive Northbound
    DELAYS between the N4 Highway Interchange and Mamelodi East
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Bespaar op Bear Grylls se oorlewingsgereedskap!

Is jy ’n rowwe man wat kan grom? Of soek jy na ’n geskenk vir iemand? Loer na die ongelooflike Bear Grylls-oorlewingsgereedskap teen fantastiese pryse. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.