Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Morné Esben

Taute of Pietersen? Kopkraptyd vir breier

2013-01-18 07:15
Tweets Share Share line Print

Na bykans drie maande is daar weer groot opgewondenheid onder rugbyliefhebbers omdat die begin van vanjaar se Super-reeks om die draai is.

Die meeste van die spanne het reeds hul nuwe truie bekendgestel en hul oefengroeppe aangewys. Baie van die spanne is ook reeds besig met voorseisoense oefenkampe.
 
Een so 'n span is die Stormers, wat tans die lieflike Kaapse somer in Hermanus geniet. Afrigter Allister Coetzee het reeds verlede week sy oefengroep aangekondig en het die week vir Schalk Burger as sy kaptein vir die seisoen aangewys. Burger was ook verlede seisoen as kaptein aangewys, maar het ‘n ernstige besering in die eerste wedstryd van die jaar opgedoen en moes as gevolg daarvan die res van die seisoen misloop.

Hopelik sal Burger in 2013 die span van begin tot einde kan lei.

Daar is ook heelwat nuwe gesigte in die span, onder meer die voormalige Leeus-spelers Jaco Taute, Elton Jantjies, Michael Rhodes en Pat Cilliers. Coetzee sal veral moet kopkrap oor Taute en waar hy die beste sal inpas. Die 21-jarige het reeds ‘n groot impak op die hoogste vlak gemaak en is daarvoor beloon toe die Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom in die Rugbykampioenskap op buitesenter ingespan het.

Taute het egter die week gesê dat hy eksklusief as ‘n heelagter oorweeg wil word.

Dis natuurlik so 'n bietjie van ‘n tameletjie vir Coetzee omdat Joe Pietersen sedert sy terugkeer uit Frankryk die eerstekeuse-heelagter in die Kaap was. Hoewel Pietersen ‘n stewige speler in die laaste vesting is, is daar tye, veral in groot wedstryde, waar sy besluitneming verwarrend is.

In verlede seisoen se Superrugby-halfeindstryd teen die Sharks op Nuweland, het die besoekers se wen-drie as gevolg van ‘n flater deur Pietersen gekom. Hy was ook nie veel beter in Curriebeker nie, maar hy het in die eindstryd ‘n ongelooflike duikslag op JP Pietersen uitgevoer wat verseker het dat die Haaie nie die doellyn oorsteek nie.

So in ‘n mate het hy vir sy fout vroeër in die seisoen vergoed.

Taute is ‘n stewige kêrel. Hy’s groter as Pietersen en lyk na ‘n meer soliede opsie op heelagter. Hy’s baie vaardig met die bal in die hand en kan nogal hardloop. Hy’t ‘n groot regter-skopvoet wat handig te pas sal kom in die Stormers se verdedigings-gebaseerde patroon.

Maar soos Taute sal besef, is dit nie maklik om by ‘n suksesvolle span aan te sluit en sommer by die beginspan in te stap nie. Dit sal baie harde werk kos en ek is seker afrigter Coetzee sal hom oor die volgende maand voordat die toernooi in alle erns afskop, fyn dophou.

Persoonlik verkies ek Taute omdat ek reeds gesien het wat in hom steek, maar Pietersen sal ook wil bewys dat hy uit sy foute geleer het en dat hy steeds as die nommereen-heelagter in die Kaap beskou moet word.
    
 – Morné Esben is ’n nuusleser vir 94.5 Kfm. Jy kan hom hier volg op Twitter.

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Senekal - 06:24 AM
    Road name: R707
    POTHOLES and poor road surface conditions between Senekal and Marquard - proceed with caution
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MI Accountant Non CA

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Accountant

Sandton
Communicate Cape Town Engineering

Senior Internal Auditor

Sandton
Communicate Cape Town Engineering
R410000 - R510000

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii 7” LCD-e-leser in kleur + R160 e-boekkoopbewys – Soos gesien op TV

Lees e-boeke, kyk na video’s en luister na musiek met hierdie ongelooflike e-leser, nou slegs R799. Koop nou.

Witwarm Weber-aanbod!

Kompakte braai van 57cm + GRATIS deksel + GRATIS visbraai vir R1299.95. Terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou.

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Wreck-It Ralph nou beskikbaar

Jy en jou kinders sal dol wees oor hierdie jolige avontuurpretrit van Walt Disney. Beskikbaar op DVD, Blu-ray en in 3D. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek en kry Bokke se kombuis GRATIS!

Koop Gordon Ramsay se uitsonderlike kookkunsboek vir net R368 en kry Bokke se kombuis, ter waarde van R180, GRATIS! Aanbod geldig terwyl voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.