Morné Esben

Spanne wen party, verloor party

2011-03-08 07:52
Tweets Share Share line Print

Ek lees die week met groot teleurstelling Suid-Afrikaners se kommentaar oor die Proteas se verloor-wedstryd teen Engeland Sondag. Die woorde “choke”, “chokers” en “wedstrydknoeiery” staan uit en ek het besef presies hoe wispelturig en onpatrioties Suid-Afrikaners regtig is.

Ek sal die eerste wees om saam te stem dat die wedstryd ‘n bitter smaak in my mond gelaat het, maar om te sê hulle het ge-choke is onregverdig.

Nadat hulle die goeie werk gedoen het om Engeland vir net oor die 170 uit te boul, kon hulle nie genoeg lopies aanteken om die knoop deur te haak nie. Het die blad erger geword om op te kolf soos die dag gevorder het, of was Suid-Afrika eenvoudig deur ‘n beter span geklop?

Volgens my was beide 'n faktor.

Hulle het nie ge-choke nie, maar hulle het wel sleg gespeel en die wedstryd verloor. Dis wat gebeur in sport: spanne wen en hulle verloor. ‘n Mens kan dan net sowel sê die Bulls het oor die naweek teen die Highlanders ge-choke of Manchester United het teen Liverpool ge-choke.

Skrik wakker mense, die Proteas het ‘n wedstryd verloor, maar hulle is steeds in die wêreldbeker.

Dis tyd dat ons Suid-Afrikers 'n bietjie agter ons sporthelde staan, en die wat hulle nie wil ondersteun nie, kyk dan iets anders en hou eerder julle monde as om oningeligte kommentaar te lewer.

Pleks van om Graeme Smith, Jacques Kallis en kie te kritiseer, ondersteun hulle. Hulle doen dit vir óns, die mense van Suid-Afrika. As hulle die toernooi moet wen, sal hulle as helde terugverwelkom word en ons almal wil tog daarvan deel wees.

As ons kyk na die feite van die wedstryd het die kolfblad ‘n baie groot rol gespeel. Een van die kommentators voor die wedstryd het dit as ‘n dag-vier-toetsblad beskryf. Dit was bruin en krummelrig en die wip was vreeslig onegalig.

Net drie kolwers het gemaklik op daardie blad gelyk – Jonathan Trott, Ravi Bopara en Hashim Amla. Hulle is ook seker drie van die geduldigste kolwers tans in wêreldkrieket. Die res van die spelers het natuurlik gedink dis ‘n blad wat weer meer as 300 lopies per beurt sal oplewer en het as gevolg daarvan met ‘n baie meer aggresiewe houding na die middel gestap.

Ek dink ons het ook gesien dat daar ‘n nood is vir ‘n wedstryd-wenner soos ‘n Mark Boucher of ‘n Albie Morkel, wie vinning lopies naby die einde van ‘n kolfbeurt kan aanteken. Hulle is ongelukkig nie in Indië nie, so Corrie van Zyl sal moet kopkrap oor die balans van sy span vir die wedstryd teen die gasheerspan die naweek.

Ek dink Johan Botha moet Morné van Wyk vervang.

Van Wyk is ‘n spesialis-kolwer en moet veel hoër in die kolforde inkom om effektief te wees. Dieselfde geld vir Colin Ingram.

Die beginspan moet basies dieselfde wees as die een wat met die Wes-Indiese Eilande afgereken het.

Ek verstaan dis moeilik vir Suid-Afrikaners om ‘n verloor in enige sport te hanteer, maar ons sal baie vinning moet leer om ons spanne deur dik en dun by te staan. Ons sal nie altyd met spankeuses, taktiek ens. saamstem nie, maar om die spelers, kaptein en afrigter te kritiseer gaan niks regstel nie.

Kom ons aanvaar die verloor as dit kom, maar laat ons ook die seges geniet wanneer ons manne wen. Ons wen in elk geval meer as wat ons verloor.

– Morne Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.          
 

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SharePoint Developer

JHB - Eastern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R420000 - R550000

Senior Java Developer/ Java Team leader

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Senior / Team lead JAVA Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R380000 - R504000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.