Morné Esben

So kan die Curriebeker-semi's beslis word

2010-10-05 07:57
Tweets Share Share line Print

Saterdag se Curriebeker-kragmeting tussen die WP en die Haaie kan moontlik ‘n toets-lopie vir die halfeindstryd wees.

As die Haaie – soos verwag is – die Streeptruie op Nuweland klop, sal hulle dan ‘n halfeindstryd teen die Kapenaars verseker. Die Cheetahs en die Blou Bulle sal ook dan hulle laaste wedstryde teen onderskeidelik die Luiperds en Griekwas moet wen om die WP op die punteleer verby te kan steek.

Daar’s ‘n sterk moontlikheid dat dit sal gebeur, en die Leeus bid beslis dat die Vrystaters of Pretorianers sal vasval. 

Dan sal die Haaie tuis speel teen die WP in die een halfeindstryd met die Cheetahs en die Bulle wat dinge waarskynlik in Bloemfontein moet uitspook.

Maar op die oomblik is niks verseker nie, wat hierdie naweek se aksie so opwindend maak.

Daar’s nogal baie faktore – anders as die eindtellings – wat die halfeindstryde kan bepaal. Byvoorbeeld: gaan die Haaie die Bulle se voorbeeld van die Super14 volg toe hulle ‘n “B-span” Kaap toe gestuur het om die WP aan te durf? Ek’s nie 100 persent seker hulle sal daardie kans waag nie. Hulle sal waarskynlik hulle beste span afstuur om volpunte teen die WP te probeer kry en sodoende ‘n herhaling in Durban volgende week af te dwing.

Die Natallers sal beslis ‘n halfeindstryd teen die Bulle wil vermy, want laasgenoemde sal vir Victor Matfield en kie terug hê en ons almal weet daai ouens weet hoe om uitklop-rugby te speel.

Goeie nuus vir die WP is dat hulle ook die res van hulle Springbokke terugkry en dit sal die Haaie se taak om op Nuweland te wen, so effe moeiliker maak. Verdere goeie nuus is dat – indien die WP wen – hulle dan ‘n tuis halfeindstryd teen die Cheetahs sal hê. Die kanse is baie beter dat ‘n WP-span wat op volle silinders hardloop, die Cheetahs op Nuweland ore kan aansit as wat dit sal wees om die Haaie in Durban te stamp.

Die Streeptruie kon natuurlik in ‘n baie beter posisie gewees het as hulle die Bulle verlede naweek op Loftus geklop het. Hulle het beter as die tuisspan gelyk en moes hulle voorsprong beter bewaar het. Daar bestaan ook nou vrae oor hulle verdedigingspatroon wat op ‘n tyd rotsvas was. Dit lyk asof ‘n aanvallende span ‘n goeie kans het om gate in die verdedigingslinie oop te breek en die Haaie sou dit opgelet het.

Ongeag van hoe dinge die naweek gaan uitspeel, is ons verseker van twee dinge: hoë gehalte rugby en die Bokke terug in hul provinsiale kleure.

– Morné Esben is die sportaanbieder vir K-FM, Higveld Stereo, 702 Talk Radio en CapeTalk 567. Jy kan hom hier volg op Twitter.
     
 

Stuur jou kommentaar aan Morné

Neem kennis: Nuus24 is ten gunste van vryheid van spraak en 'n diversiteit van sienings. Die opinies van rubriekskrywers wat op Nuus24 gepubliseer word is hul eie, en verteenwoordig nie noodwendig die sienings van Nuus24 nie.


 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Morné Esben-kommentaar

Blip sê... Die taxibestuurder wat oor 'n treinspoor gejaag het en wie se roekeloosheid gelei het tot 10 skoolkind-passasiertjies se dood is aan moord skuldig bevind. Hy't heel duidelik nie bedoel om hulle dood te maak nie of eers te beseer nie, en hy't ook nie eers bedoel dat sy eie voertuig flenters gery moet word deur die trein nie, maar hy's wel skuldig bevind aan moord. Bees se aanranding was duidelik en moedswillig bedoel om die slagoffer ernstige leed te doen en die ou het toe inderdaad van sy beserings gesterf. Hy's aansienlik meer aanspreeklik op 'n opsetlike moordklag as daardie roekelose en ongelukkige taxidrywer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Dynamic /.Net Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R120000 - R360000

J2EE Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.9 TDi Highline 5-dr Dsl
2001
R 129,995.00

ISUZU

KB280 DT LX D-Cab 4x4 Dsl
2005
R 169,950.00

FORD

Bantam 1.3i XL PU MY06
2008
R 69,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.